loading
avatar
Artikels
6 dae gelede
rekenmeester-ontbyt-die-solidariteit-finansiesnetwerk-nooi-jou-uit

Foto Krediet: Solidariteit

Rekenmeester-ontbyt: Die Solidariteit Finansiesnetwerk nooi jou uit!

Is jy ʼn rekenmeester wat jou netwerk wil uitbrei en jou ervaring wil verryk? Die Solidariteit Finansiesnetwerk nooi jou hartlik uit na ons Rekenmeester-ontbyt op Donderdag 23 Oktober 2025. Hierdie spesiale byeenkoms bied nie net ʼn geleentheid om lekker saam te eet en te netwerk nie, maar ook om waardevolle gesprekke oor ons beroep te voer.

Wouter Snyman, uitvoerende hoof en stigter van die attooh! Group of Companies, is die gasspreker op die dag.

Besprekingspunte:

  1. 1. Konsultering teenoor advisering in die finansiële beroep
    Hoe onderskei ons tussen die twee, en hoe kan dit mekaar aanvul?
  2. 2. Hoe het ek in die beroep beland?
    ʼn Reflektiewe vraag aan elke deelnemer – watter roete het jou tot hier gebring?
  3. 3. Hoe dink ek as ʼn rekenmeester oor my kliënt – en hoe dink my kliënt oor finansies?
    ʼn Gesprek oor die gaping (en die geleenthede) tussen die professionele perspektief en die kliënt se persepsies.

Besonderhede:

Datum: Donderdag 23 Oktober 2025
Tyd: 08:30 vir 09:00 – 11:00
Plek: Solidariteit Hoofkantoor, Spekboom-lokaal, h.v. DF Malanlaan en Eendrachtstraat, Kloofsig, Centurion


Hierdie ontbyt is ʼn wonderlike geleentheid om nie net jou professionele kennis uit te brei nie, maar ook om deel te wees van ʼn groeiende netwerk van mense wat saam ʼn sterker finansiële beroep bou.

Bring gerus ʼn vriend, kennis of kollega saam en stuur hierdie uitnodiging aan enigiemand wat jy dink sal belangstel.

RSVP nou: Stuur gerus ʼn e-pos na rickus@solidariteit.co.za of WhatsApp na 072 215 7687 om jou plek te bespreek.

Die Finansiesnetwerk sien uit daarna om jou te verwelkom!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel