loading
Artikels
1 week gelede
saam-opkyk-n-geloofsherinnering-op-hemelvaartdag-2025

Foto Krediet: Verskaf

Saam opkyk: ʼn Geloofsherinnering op Hemelvaartdag 2025

Solidariteit wens elke gemeenskapslid ʼn geseënde Hemelvaartdag toe. Ons herdenk vandag ons Messias se belofte aan ons met dankbaarheid.


Deur Leré Nel

Op Donderdag 29 Mei 2025 herdenk ons Hemelvaartdag – die dag waarop Jesus Christus, ná sy opstanding, in die teenwoordigheid van sy dissipels opgevaar het na die hemel (Hand. 1:9-11). Hierdie dag is nie net ʼn herinnering aan die voltooide werk van Jesus nie, maar ook aan sy belofte dat Hy weer sal kom.

Vir Solidariteit en die Solidariteit Beweging, wat diep gewortel is in Christelike waardes, bied Hemelvaartdag ʼn geleentheid om onsself te herinner dat ons geloof nie beperk is tot Sondag-kerkdienste nie. Dit leef in werkplekke, gesinne, gemeenskappe en in alles wat ons aanpak. Hemelvaartdag herinner ons daaraan dat ons werk en stryd hier op aarde nie tevergeefs is nie, maar dat dit ewigheidswaarde het.

Jesus het sy dissipels nie net met ʼn belofte agtergelaat nie, maar ook met ʼn roeping: “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.” (Hand. 1:8). Hierdie woorde weergalm vandag nog in ons harte en is ʼn opdrag aan almal van ons om op te bou, te dien, en ligdraers te wees waar daar onsekerheid is. Daarom ondersteun ons mekaar in ons beroepe, in ons taal en in ons geloof.

Die wêreld verander vinnig en sekerheid oor die toekoms is skaars – maar op Hemelvaartdag kan ons opkyk en seker wees van een ding: Hy sal weer kom!

Solidariteit wens elkeen van sy lede en elke gemeenskapsgenoot ʼn geseënde Hemelvaartdag toe. Mag dit vir jou ʼn dag van rus, refleksie en kwaliteit tyd saam met jou Hemelse Vader wees.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel