![sage-50c-pastel-om-jou-produktiwiteit-te-verhoog](https://cms.solidariteit.co.za/wp-content/uploads/2024/05/PwitUeyx03Ck1sYBzIXsjE0D6EZxdqBNUyM0gH3G.png)
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Sage 50c Pastel om jou produktiwiteit te verhoog
Deur Nico Strydom
Sage 50cloud Pastel is die volgende generasie Sage Pastel-produkte en laat jou toe om te werk hoe, wanneer en waar jy wil, met veilige wolktoegang.
Dit stel jou in staat om met slim werkverrigtingkontroleskerms en kragtige verslagdoening beter en vinniger besluite te neem. Nuwe Sage-wolkfunksies help om produktiwiteit te verhoog.
Dié slim wolkgekoppelde rekeningkundige sagteware stel jou in staat om rekords te sinkroniseer en deeglike verslae te bou. Sage 50cloud Pastel Partner maak outomaties rugsteunkopieë na die wolk en kan ook direk aan jou sakeonderneming se bankrekening gekoppel word.
In die kursus sal jy leer hoe om die Sage 50c Pastel Partner-program te gebruik, en daarna sal jy ‘n erkende sertifikaat van Sage University ontvang.
In die kursus word die volgende onderwerpe gedek:
- • Installering van Sage 50c Pastel Partner
- • Skep ʼn nuwe maatskappy
- • Edit Menu — Klante
- • Edit Menu — Verskaffers
- • Edit Menu — Voorraad en algemene grootboek
- • Skep en redigeer rekeninge en voorraaditems
- • Prosessering
Daar is twee kostepakkette beskikbaar vir die opleiding:
- Opsie 1: Selfstudie
- R5 000
- Leer in jou eie tyd met video’s
- Opsie 2: Zoom-aanbieding
- R8 000
- 8 tot 12 ure
Ontvang ʼn erkende sertifikaat as jy 75% of meer vir die aanlyn eksamen op Sage University behaal.
Solidariteit-lede kwalifiseer vir 10%-afslag op die opleiding
Om hierdie kursus by te woon, stuur asseblief ʼn e-pos aan: kantoor@solidariteit.co.za.
Wees aan die voorpunt van jou loopbaanontwikkeling. Lees meer oor jou eenstopberoepstuiste vir voortgesette leer. Indien jy nog nie ʼn lid van Solidariteit is nie, klik hier om binne ʼn minuut aan te sluit.
Staan uit bo jou mededingers en bemagtig jou self om jou volle potensiaal te kan bereik.