loading
Artikels
2 jaar gelede
samrk-verslag-elana-barkhuizen-in-geheel-vrygespreek-jy-as-onderwyser-het-regte

Foto Krediet: OkayDeer

SAMRK-verslag: Elana Barkhuizen in geheel vrygespreek. Jy as onderwyser het regte!

Deur Maryna Eksteen

Om ʼn onderwyser te wees sit nie in enige persoon se broek nie; dit is daadwerklik ʼn roeping. Hoe lewe ʼn mens egter jou roeping uit as dit met talle uitdagings kom en vrees saai wat jou regte skend?

Elana Barkhuizen, ʼn voormalige onderwyseres van Laerskool Schweizer-Reneke, is op 9 Januarie 2019 in ʼn nasionale herrie gedompel nadat ’n foto, waarop vier swart en agtien wit leerders wat by aparte tafels in ’n klaskamer sit, wyd in die media sowel as op sosialemediaplatforms gedeel is. Solidariteit voer aan dat verskeie politici daarna rassespanning aangewakker het deur die voorval sonder enige verdere gegewens as rassisties te bestempel.

Barkhuizen, is op 10 Januarie 2019 sonder enige verduideliking in kennis gestel dat sy uit haar pos geskors is. Solidariteit het later, namens Barkhuizen, die arbeidshof in Johannesburg genader. Dié hof het bevind dat Barkhuizen se skorsing onwettig is. Die hof het voorts beveel dat haar skorsing met onmiddellike effek opgehef word.

“Volgens die verslag is die voormalige LUR van onderwys in Noordwes skuldig bevind aan die skending van Barkhuizen se reg op privaatheid, haar regte op behoorlike proses, veiligheid, vryheid van beweging en assosiasie, en boonop het hy haar menswaardigheid gekrenk,” verduidelik dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Jy het die reg om vry, veilig en voorspoedig jou roeping uit te leef. Solidariteit se Onderwysernetwerk is ʼn gemeenskap wat hom daarop toespits om jou as onderwyser in jou beroep te beskerm. Jy kan ons as jou waghond ag wat toesig oor jou beroep hou en met werkbare oplossings vir uitdagings vorendag kom.

Raak deel van ʼn gemeenskap wat nie sal huiwer om sy lede tot op die hoogste vlak te beskerm nie. Onderwyser, ons versterk jou hande. Klik hier om deel van Solidariteit se #Onderwysernetwerk te raak.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel