loading
Artikels
6 dae gelede
sekretaressedag-2025-n-bederfdag-vir-die-hartklop-van-elke-kantoor

Foto Krediet: Solidariteit

Sekretaressedag 2025: ʼn Bederfdag vir die hartklop van elke kantoor

Deur Kyla-Ann du Toit

Dit is eers as jy nie daar is nie, dat almal besef: jý is die een wat alles bymekaar hou! Daarom nooi Solidariteit jou met groot opwinding en vreugde uit na die viering van Sekretaressedag 2025 – ʼn dag waar ons groot waardering, erkenning en respek wil toon en wat jy dubbel en dwars verdien!

Hierdie jaar bied Solidariteit Sekretaressedag-vieringe in 13 streke landswyd aan, en elke geleentheid is propvol verrassings, netwerkgeleenthede en samesyn. Kom deel in die viering van jou beroep – en van jóú.

Hoekom vier ons Sekretaressedag?

Volgens Mari Ferreira, netwerkorganiseerder van die Solidariteit Kantoorpraktisynsnetwerk, is Sekretaressedag ʼn viering van die hartklop van elke organisasie – die kantoorpraktisyns, administratiewe beamptes en ondersteuningspersoneel wat stil-stil strukture bou waarop groot dinge rus. Dit is ʼn dag wat erkenning gee aan kantoorpraktisyns se toewyding, lojaliteit en vermoë om elke uitdaging met grasie en vasberadenheid aan te pak. Dit is ʼn dag met die boodskap: “Jy maak ʼn verskil.”

Die doel van dié spesiale dag

In ʼn beroep gevul met sperdatums, skedules en eindelose e-posse is dit maklik om te vergeet hoe belangrik jou rol in ʼn onderneming werklik is. Sekretaressedag bring hierdie besef terug na die oppervlak. Ons sê dankie, ons sien jou raak en jy is belangrik. “Viering is bevestiging. Hierdie soort geleenthede bring mense met ʼn gedeelde passie bymekaar. Dit inspireer, bemagtig en laat jou trots voel oor wie jy is en wat jy elke dag bereik,” sê Ferreira.

Hierdie dag het ten doel om trots te bou, om te motiveer en die passie waarmee jy hierdie beroep beoefen, te versterk!

Wat jy van Sekretaressedag 2025 kan verwag

  • • 13 streke vol bederf: Van Bellville tot Bloemfontein en Potchefstroom tot Port Elizabeth – daar wag ʼn unieke ervaring vir elke kantoorpraktisyn in elke streek.
  • • Opwindende sprekers: Jy kan uitsien na inspirerende stories en praktiese wenke wat jou sal laat glimlag én groei.
  • • Vroulik. Inspirerend. Stylvol.: Elke element van die dag is ontwerp om jou soos die sterk, mooi en onmisbare vrou wat jy is te laat voel.

Die rol van die Solidariteit Kantoorpraktisynsnetwerk

Agter hierdie wonderlike dag staan die Solidariteit Kantoorpraktisynsnetwerk – ʼn platform wat nie net op Sekretaressedag nie, maar regdeur die jaar op jou groei, ondersteuning en loopbaanontwikkeling fokus. “Ons staan saam, leer saam en groei saam, want ons glo: ʼn sterk kantoorpraktisyn is ʼn sleutel tot ʼn sterk toekoms,” sê Ferreira.

“Erkenning.” Dít is hoe hierdie dag opgesom kan word. “Want dit is waarna elke mens diep binne hunker: om gesien te word, waardeer te word, en erken te word vir wie jy is en wat jy doen,” sê Ferreira.

“Jy is belangrik. Ons sien jou. Dankie!”

Moenie dit misloop nie! Klik hier en bespreek vandag nog jou plek vir Sekretaressedag 2025. Kom wees deel van die viering, saam met kollegas en vriende regoor die land.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel