loading
avatar
Mediaverklarings
3 dae gelede
sibanye-stillwater-loonooreenkoms-word-gesluit-tussen-partye

Foto Krediet: Pexels

Sibanye-Stillwater-loonooreenkoms word gesluit tussen partye

Solidariteit en ander vakbonde het vandeesweek die finale loonaanbod van Sibanye-Stillwater aanvaar. Dit volg nadat die meerderheid van Solidariteit se lede by Sibanye-Stillwater se goudmyne aangedui het dat Solidariteit die aanbod namens hulle mag aanvaar.

Partye het daarin geslaag om ʼn meerjarige ooreenkoms vir ʼn tydperk van drie jaar te beklink. Daar is reeds ooreengekom dat die implementering terugwerkend vanaf 1 Julie 2025 sal wees.

Solidariteit en ander vakbonde het die ooreenkoms ná vyf maande se strawwe onderhandelinge bereik. Die ooreenkoms maak onder meer voorsiening vir loonverhogings oor die volgende drie jaar, wat werknemers soos volg sal ontvang: jaar 1 is 4,5%; jaar 2 is 4,8%; en jaar 3 is 5,0%, óf ʼn verbruikersprysindeks (VPI) -verwante verhoging indien die VPI hoër is as die voorgenoemde persentasies

“Ons is teleurgesteld dat veral jaar een (1) se verhoging nie so voordelig vir werkers is nie, gegewe die goeie prys waarteen goud verhandel, maar dit is wel ʼn langtermynooreenkoms wat arbeidstabiliteit en VPI-verwante verhogings bring wat ons bydrae tot die volhoubaarheid van die maatskappy verteenwoordig,” sê Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit.

Woordvoerder:

Gideon du Plessis

Hoofsekretaris: Solidariteit

082 776 6417

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel