loading
Artikels
19 uur gelede
sinergie-in-die-werkplek-2

Foto Krediet: OkayDeer

Sinergie in die werkplek

Wat wil jou werknemers regtig vir jou sê, maar het dalk nie die vrymoedigheid nie? Mandy-Michelle Thackwray, Bestuurder van Solidariteit Werk, vertel vir werkgewers die waarheid.


Deur Mandy-Michelle Thackwray

Daar is heelwat dinge wat werknemers van hul werkplek, bestuurders en die maatskappykultuur dink sonder om dit ooit regtig hardop te sê. Dit is hierdie denke wat beïnvloed hoe hulle voel oor die werkplek, hul kollegas, en wat hul algemene gesindheid weerspieël.

Ek gaan nou vir jou as werkgewer vertel wat die dinge is wat jou werknemers van jou dink – en nooit sal sê nie…

Eerstens voel mense gereeld dat hulle soos robotte behandel word. Werkplekke en verhoudings met kollegas en werknemers het soos ʼn koue transaksie geword. Ons benodig weer werkplekke waar daar ʼn meer menslike aanslag is waar ons mekaar in ag neem en respekteer.

Hoewel dit baie lekker is om ʼn goeie salaris te verdien, waardeer werknemers ʼn maatskappy wat ʼn goeie werk-lewe-balans handhaaf en ondersteun, en wat hulle toerus met geleenthede vir groei deur voortgesette opleiding baie meer. Werknemers wil voel dat hulle deel is van iets groter as hulleself. Hulle wil weet dat hul rol in die maatskappy, ongeag hoe groot of klein, waardevol is en saak maak. Buiten erkenning, wil hulle ook nie mikrobestuur word nie, en personeel wil deur die bank regverdig behandel word.

Om jou as werkgewer te help om die sinergie in jou maatskappy te verbeter, beveel ons die Sinergie in die werkplek webinaar aan, wat gratis op Solidariteit beskikbaar is. Hierdie hulpmiddel sal jou toerus met die STACK-raamwerk, wat individue en leiers help om hul volle potensiaal te ontdek en só beter as ʼn span te kan funksioneer. Hierdie webinaar is ideaal vir die hele span om deur te werk, en kom saam met ʼn praktiese werkboek.

Om die webinaar te volg, klik hier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel