loading
Artikels
3 dae gelede
skop-jou-loopbaan-reg-af-skryf-vandag-in-vir-die-solidariteit-regsnetwerk-se-slypskool

Foto Krediet: Solidariteit

Skop jou loopbaan reg af. Skryf vandag in vir die Solidariteit Regsnetwerk se slypskool!

Deur Leré Nel

Is jy ’n regstudent of kandidaatprokureur wat wonder of jy regtig gereed is vir die praktyk? Jy is nie alleen nie. Die oorgang van teoretiese kennis na die werklike praktyk is vir baie jong regspraktisyns oorweldigend – maar dit hoef nie te wees nie.

Die Solidariteit Regsnetwerk se slypskool is spesifiek vir jou geskep

Hierdie aanlyn kursus – enig in sy soort en volledig in Afrikaans – is ontwikkel deur ervare regskenners wat jare se praktiese ondervinding saamgevat het in een omvattende leerervaring. Dis jou kans om te leer hoe om die teoretiese kennis waaroor jy reeds beskik, toe te pas in die praktyk.

Wat jy in die kursus gaan leer:

  • Hoe om voor te berei om in die hof te verskyn
  • Hoe administratiewe take in die praktyk werk
  • Hoe om briewe en hofstukke te skryf
  • Hoe om selfvertroue te ontwikkel en jouself te handhaaf in die praktyk.

Formaat en duur:

  • Aanlyn e-leer: 1 maand
  • Opsionele praktiese verrykende week: 1 week
  • Waarde: R10 000 – maar GRATIS vir Solidariteit-lede (dit sluit jou Jongwerkende-lidmaatskap in)!

Lede van Solidariteit Jongwerkende kry nie net toegang tot hierdie waardevolle geleentheid sonder ekstra koste nie, maar ook toegang tot meer as 150 ander aanlyn leergeleenthede wat jou regdeur jou loopbaan sal bemagtig – van belasting tot tydsbestuur en selfs emosionele intelligensie in die werkplek.

Wat sê vorige deelnemers oor die Slypskool?

“Baie insiggewend en prakties – ek het regtig gevoel ek leer iets wat ek môre al kan gebruik.”
“Die slypskool gee jou ’n goeie fondasie. Jy verstaan beter wat om in die praktyk te verwag.”
“Dit was goed gestruktureer en het my voorberei vir die regte wêreld van werk.”

Moet ek ’n Solidariteit-lid wees?

Ja – maar dit is maklik om aan te sluit. Vir slegs R102 per maand kan jy by Solidariteit se Jongwerkende-aanbod aansluit en toegang kry tot die slypskool én ’n wêreld van beroepsondersteuning.

Moenie wag tot jy in die diep kant ingegooi word nie.

Berei jou eerder nou al voor vir sukses in die regspraktyk. Klik hier om jou Solidariteit Jongwerkende-lidmaatskap op te neem en skryf in vir die Solidariteit Regsnetwerk se slypskool.

Skop jou loopbaan reg af!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel