loading
Artikels
1 jaar gelede
slypskool-maak-kandidaatprokureurs-praktykgereed

Foto Krediet: Solidariteit

Slypskool maak kandidaatprokureurs praktykgereed

Deur Maryna Eksteen

Solidariteit se regsnetwerk het op 17 Augustus 2023 hul splinternuwe slypskool bekendgestel, wat ten doel het om regstudente meer praktykgereed te maak ten einde die gaping tussen akademie en praktyk te vul.

“Die slypskool is aanlyn beskikbaar. Dit is ontwikkel om skaalbaar te wees en bied deurlopend verrykende werkwinkels. Die slypskool en modules is daarop gefokus om studente en kandidaatprokureurs te bemagtig om ʼn mededingende voordeel tot die beroep te ontvang en om waarde tot die praktyk toe te voeg met kandidaatprokureurs wat meer beroepsgereed is,” sê Riaan Visser, hoof van Solidariteit se regsnetwerk.

Die slypskool bestaan tans uit die volgende omvattende modules wat kandidaatprokureurs praktykgereed sal maak: 

Kernbeginsels & verhoudinge

In hierdie module hanteer mnr. Bouwer van Niekerk die beginsels en verwagtinge vanuit die perspektief van ʼn prinsipaal van ʼn praktyk sowel as die bestuur van ʼn praktyk. Daar word vertrou dat alle praktisyns by die inhoud aanklank sal vind ter voorbereiding van kandidaatprokureurs wat by ʼn regsfirma gaan werk.

Verhoudinge in die praktyk word deur Mnr. Dawie Beyers behartig en handel oor basiese kollegialiteit en die verhouding tussen ʼn kandidaatprokureur en administrasie, die prinsipaal, mede-kandidaatprokureurs en kliënte. Die verhouding tussen praktisyn en hofpersoneel word ook behandel gevolg deur die verhouding tussen die onderskeie opponente.

Hofadministrasie en praktykbestuur

Me. Renaldi Ingram het ʼn praktiese handleiding vir kandidaatprokureurs saamgestel wat handel oor ʼn raamwerk van die werksaamhede van howe, hofadministrasie en partye tot ʼn aangeleentheid.

Voornemende kandidaatprokureurs kan ook uitsien na praktiese opleiding vir “caselines” en “Court Online” wat Gauteng se hoflêer-administrasie aanlyn hanteer. Dié module is deur me. Tanya Dempers saamgestel en is van kardinale belang vir voornemende kandidaatprokureurs om hul voor te berei vir die nuwe platform van aanlyn hofadministrasie en om ʼn groter mededingingsproduk aan werknemers te bied.

Konsultasietegnieke en saakanalise

Dié module word deur mnr. Dawie Beyers, aangebied en bied praktiese wenke en riglyne oor hoe om konsultasie met kliënte te behartig, gepaard met behoorlike voorbereiding daarvoor. Dit is belangrik om te weet hoe om ʼn konsultasie te lei en af te sluit en daarom word dit ook in hierdie module behartig.

Adv. Corné Goosen kyk na saakontleding en saakanalise vir konsultasie doeleindes sowel as saakverhoor doeleindes. Verder fokus adv. Goosen op watter reg van toepassing is, hoe om daardie reg op ʼn kliënt se saak toe te pas en die nodige navorsing wat daarvoor vereis word. Hierdie inhoud van adv. Goosen lig die waarde van ʼn deeglike proses in ʼn saak uit. 

Skryfvermoë

Skryfvermoë is van kardinale belang in die regsprofessie. Adv. Greta Engelbrecht SC deel in hierdie module ʼn raamwerk en wenke van hoe om skrywes te benader. Adv. Engelbrecht SC deel haar kennis met kandidaatprokureurs oor sinskonstruksie, spelling, formaat en algemene kommunikasie-etiek in praktyk.

Goue reëls en etiek

Hierdie aanbieding van die bogenoemde module word deur prof. Hermie Coetzee gelei in gesprek met adv. Gerrie Nel. Adv. Nel deel sy kennis oor bestaande tradisies en praktyke in die hof, interpersoonlike verhoudings en die “goue” reëls, en die moets en moenies waarop ʼn jong voornemende kandidaatprokureur moet let.

Meesters in die regsberoep het dié slypskool saamgestel om studente meer praktykgereed te maak. Hierdie slypskool sal vanaf Oktober 2023 op Solidariteit se splinternuwe aanlyn platform beskikbaar wees. Klik hier om meer te lees oor Solidariteit se platform.

Indien jy nog nie deel van Solidariteit se regsnetwerk is nie, klik hier om binne ʼn minuut aan te sluit of stuur gerus ʼn e-pos na regslui@solidariteit.co.za vir verdere navrae. Word deel van ʼn gemeenskap wat jou taal praat en saam met jou die uitdagings in jou beroep kan baas raak.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel