
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Soek werk waar vaardighede tel, nie ras nie
Deur Maryna Eksteen
Soek jy werk waar jou vaardighede tel en nie die kleur van jou vel nie? Solidariteit bied ʼn unieke, vrye omgewing waar werksoekers en werkgewers mekaar kan ontmoet sonder om beperk te word deur rasgebaseerde beleide soos Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) en regstellende aksie. Hierdie platform is geskep met die doel om mense se vaardighede, kundigheid en bydraes op die voorgrond te stel, sodat werknemers en werkgewers mekaar op grond van meriete kan vind.
Solidariteit het ʼn duidelike doel: om ʼn omgewing te skep waar ras nie ʼn maatstaf is nie.
Dit beteken dat werksoekers hul toekoms kan bou sonder die vrees dat hul velkleur of ras teen hulle tel. Hier kry jy die geleentheid om op grond van jou kwalifikasies en ervaring na werksgeleenthede te soek en om jou volle potensiaal te benut, ongeag jou ras.
Solidariteit het oor die afgelope paar jaar beduidende vordering gemaak in die stryd teen rasgebaseerde wetgewing in Suid-Afrika. Ons het herhaaldelik bewys dat die klem op meriete en vaardighede ʼn sterker en gesonder werkplek skep. Deur hofuitsprake, veldtogte en openbare bewusmaking het ons saam met ons lede baklei teen die toepassing van ras as maatstaf vir werkgeleenthede en bevorderings. Ons doel is om ʼn regverdige werksomgewing vir almal te skep.
Waarom werk soek op Solidariteit?
1. ʼn Fokus op meriete en kundigheid: Ons glo dat elke werknemer die kans moet hê om op grond van hul kundigheid, eerder as op grond van hul ras, beoordeel te word. Solidariteit is ʼn platform waar jou vaardighede tel, en waar werkgewers op soek is na jou bydraes, nie jou velkleur nie.
2. Veilige en vrye toegang tot geleenthede: Omdat ras nie ʼn maatstaf is nie, hoef jy nie bekommerd te wees oor SEB of regstellende aksie wat jou loopbaangeleenthede beperk nie. Dit is ʼn vrye omgewing waar jou potensiaal en ambisie gesien en waardeer word.
3. ʼn Groeiende netwerk van werkgewers en poste: Op Solidariteit kan werkgewers in verskeie sektore – van regsfirmas tot finansiële dienste – poste plaas, en hulle weet dat hulle toegang het tot talent wat werklik hul besigheid kan help groei.
4. Solidariteit staan agter jou: Ons baklei reeds jare lank teen rasgebaseerde hindernisse in die werksomgewing sodat jy nie benadeel word nie.
By Solidariteit glo ons dat elkeen die geleentheid moet hê om suksesvol te wees sonder die las van verouderde beleide. Met Solidariteit het jy die vryheid om jou pad te kies, jou drome na te jaag en te groei in ʼn omgewing waar jy ten volle gewaardeer word vir jou vaardighede en nie jou ras nie.
Besoek Solidariteit en begin sommer vandag nog soek na jou droompos. Jou toekoms is in jou hande! Klik hier om jou gratis profiel te registreer.