![sol-tech-die-paspoort-vir-jou-toekoms](https://cms.solidariteit.co.za/wp-content/uploads/2023/08/Promo-Facebook_Ads-Facebook-Ads-image-ad-4.jpeg)
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Sol-Tech: Die paspoort vir jou toekoms
Deur Maryna Eksteen
Jy is pas klaar met skool en op reis na jou vakansiebestemming om te ontspan na ʼn lang jaar. By die grens besef jy dat jy nie jou paspoort by jou het nie en jy slaan uit in ʼn koue sweet. Dit voel of jou wêreld gaan stil staan. Wat nou?
Opleiding is jou paspoort vir die toekoms en indien jy dit inpak sal jou loopbaanreis aan jou behoort. Met die hulp van Solidariteit en Solidariteit se Skoliere-aanbod kan jy jouself met kennis en gehalte-opleiding in Afrikaans toerus. Die beste deel van kennis as paspoort is dat niemand jou van die kennis en ervaring wat jy opgedoen het kan roof en jy kan dit nooit vergeet soos ʼn werklike paspoort nie.
Sol-Tech is nie net ʼn ambagskollege nie; dit is ʼn beroepsopleidingskollege waar studente aan hoër vlakke van beroepsopleiding blootgestel word. Die Sol-Tech-kampus huisves ʼn instelling met ʼn karakter van gehalte en sukses, en het ʼn simbool van hoop geword.
Sol-Tech se droom was dat maatskappye tou moes staan om Sol-Tech se studente in diens te neem. Met harde werk en deursettingsvermoë kon Sol-Tech dié droom verwesenlik.
Sol-Tech het tot dusver op die volgende tegniese aanbiedinge gefokus en bied die volgende wêreldklas kwalifikasies aan:
Dieselwerktuigkunde (NKR-vlak 4 – volledige kwalifikasie)
Elektries (NKR-vlak 4 – volledige kwalifikasie)
Gereedskapmaker (NKR-vlak 5 – volledige kwalifikasie)
Megatronika (NKR-vlak 5 – volledige kwalifikasie)
Meulmaker (NKR-vlak 4 – volledige kwalifikasie)
Outo-elektries (NKR-vlak 4 – volledige kwalifikasie)
Pas-en-draai (NKR-vlak 4 – volledige kwalifikasie)
Sweis (NKR-vlak 4 – volledige kwalifikasie)
Sol-Tech bied ook die volgende Inligtingstegnologie kwalifikasies aan:
IT-ondersteuning en -netwerke
Kubersekuriteit
Data en die wolk
Individuele sertifiserings
Indien jy nog moet wag vir jou paspoort van kennis kan jy intussen jouself bemagtig met Sol-Tech se kortkursusse. Kry ʼn gevoel van die water se temperatuur voordat jy inspring en vind só uit waar jy geplant moet word.
Die Solidariteit Beweging besef ook hoe noodsaaklik goeie opleiding in skaarsvaardighede is en dít is juis die knelpunt wat deur die Solidariteit Boufonds aangepak word. Die Boufonds is gestig omdat Solidariteit glo dat kennis die beste manier is om sy lede in die nuwe, onseker ekonomie te beskerm. Indien jy meer wil weet oor die Boufonds of dalk ’n bydra wil maak besoek www.boufonds.co.za vir meer inligting. Die Boufonds het juis ten doel om na die behoeftes van jong mense om te sien, want dié wat wíl werk, moet kán werk!
Besoek www.sol-tech.co.za vir meer inligting. Waarvoor wag jy? Die toekoms is in jou hande. Moenie die reis misloop omdat jy jou paspoort vergeet het nie.
#OnsBou by Solidariteit aan ʼn toekoms waar ons nageslag vry, veilig en voorspoedig kan leef.