loading
avatar
Artikels
1 dag gelede
solidariteit-aanlyn-jou-volgende-geleentheid-begin-by-n-gemeenskap-wat-jou-raaksien

Foto Krediet: Okay Deer

Solidariteit-aanlyn: Jou volgende geleentheid begin by ʼn gemeenskap wat jou raaksien

Deur Kyla-Ann du Toit

Dit is geen geheim nie: Die Suid-Afrikaanse arbeidsmark is uitdagend. Baie mense stuur CV ná CV uit sonder om ooit terugvoer te ontvang. Ná soveel teleurstellings is dit maklik om moed te verloor en te voel asof jou aansoek tussen honderde ander verdwyn sonder dat iemand dit ooit raaksien.

Om werk te kry, gaan egter nie altyd oor wat jy weet nie, maar ook oor wie jy ken. Daarom maak dit ʼn groot verskil om deel te wees van ʼn gemeenskap waar jy met die regte mense verbind word.

Solidariteit-aanlyn is veel meer as net ʼn plek waar poste geadverteer word. Dit is ʼn netwerk van werksoekers, werkgewers en professionele mense wat mekaar ondersteun en help om nuwe loopbaangeleenthede te ontsluit. Of jy nou jou eerste werk soek of gereed is vir ʼn nuwe uitdaging, met Solidariteit hoef jy dit nie alleen aan te pak nie.

Werksoeker: Word deur die regte mense raakgesien

Wanneer jy by Solidariteit se aanlyn werkgemeenskap aansluit, word jy deel van ʼn netwerk waar mense mekaar ondersteun om professioneel te groei en te ontwikkel. Hier word geleenthede gedeel, raad en wenke uitgeruil, en werksoekers word met werkgewers verbind.

Jou volgende geleentheid begin by ʼn gemeenskap wat jou raaksien. In ʼn mededingende arbeidsmark kan die regte netwerk juis die verskil beteken tussen nóg ʼn onbeantwoorde aansoek en ʼn nuwe loopbaangeleentheid.

Werkgewer: Vind mense wat by jou onderneming pas

Daar is nie ʼn tekort aan talent in Suid-Afrika nie. Solidariteit se aanlyn werkgemeenskap is bewys daarvan dat duisende gemotiveerde werksoekers en werkgewers op een plek bymekaarkom.

Deur jou vakature op Solidariteit-aanlyn te adverteer, bereik jy ʼn betrokke gemeenskap van mense wat gereed én gekwalifiseerd is vir hul volgende loopbaangeleentheid. Só vereenvoudig jy jou werwingsproses en bou jy ʼn span van staatmakers wat by jou onderneming pas.

Word vandag nog deel van ʼn aanlyn werkgemeenskap

Met die Solidariteit-app het jy enige tyd toegang tot die aanlyn werkgemeenskap. Of jy nou werk soek of nuwe talent wil werf, die app verbind jou met die regte mense.

Moenie jou werksoektog alleen aanpak nie. Laai vandag nog die Solidariteit-app van die Google Play Store of die App Store af, registreer jou profiel en word deur die regte mense raakgesien!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel