loading
avatar
Artikels
10 uur gelede
solidariteit-aanlyn-werk-leer-en-praat-alles-op-een-plek

Fotokrediet: Okay Deer

Solidariteit-aanlyn: Werk, leer en praat – alles op een plek

Deur Marisha Hermann

Op soek na werk? Besoek Solidariteit-aanlyn. Wil jy poste adverteer? Besoek Solidariteit-aanlyn. Ervaar jy probleme by die werk? Besoek Solidariteit-aanlyn.

Hendrik het onlangs sy profiel op Solidariteit-aanlyn geskep. Hy is nou deel van ʼn gemeenskap van meer as 166 000 ander mense. Jý kan ook deel daarvan wees!

Skep ʼn gratis profiel en werk, leer en bou saam! Met jou gratis profiel kan jy onder meer:

  • • met mense in jou beroep skakel;
  • • jou professionele netwerk uitbrei en nuwe vriende maak;
  • • aan gesprekke deelneem;
  • • op plasings reageer;
  • • foto’s en skakels deel; en
  • • op hoogte bly van die jongste nuus in jou beroep.

Werk saam

Jy is nie alleen in jou werksoektog nie. Op Solidariteit-aanlyn is daar meer as 4 400 werkgewerprofiele en al meer as 16 000 poste geadverteer, waarvan 700 tans aktief is.

Solidariteit het 11 verskillende beroepsnetwerkgroepe en daarmee saam nog agt sektorgroepe. In hierdie aanlyn gemeenskappe word kennis gedeel, verhoudings gebou en geleenthede geskep om jou in jou loopbaan te ondersteun. Daar is ook verskeie hulpbronne beskikbaar vir studente, jong werkendesen skoliere om hulle te help om ʼn suksesvolle toekoms te verseker.

Solidariteit-aanlyn is dus nie net die grootste Afrikaanse werkfasiliteringsplatform nie, maar het onlangs ook verskeie funksionaliteite bygekry om jou werk te vergemaklik en jou te help om jou volle potensiaal te bereik.

Jy kan ook ʼn arbeidsregadviseur in KI-vorm in jou moedertaal raadpleeg. Aanlyn Regshulp is ʼn KI-assistent wat gratis professionele arbeidsregadvies aan Solidariteit-lede bied en jou só in die werkplek beskerm.

Leer saam

Met nagenoeg 150 aanlyn kursusse kry jy die geleentheid om jouself te bemagtig. Hierdie kursusse is gratis vir Solidariteit-lede beskikbaar, terwyl nielede teen ʼn fooi ook daarvoor kan inskryf en dit voltooi.

Of jy jou kennis in jou eie beroepsveld wil verdiep of bloot nuwe vaardighede wil aanleer, Solidariteit-aanlyn bied kursusse wat jou help om relevant, vaardig en selfversekerd in die werkplek te bly.

Staan kop en skouers bo die res uit met jou kennis. Van beroepspesifieke opleiding tot sagte vaardighede wat jou daaglikse werkverhoudinge versterk, is daar iets vir elke loopbaanpad.

Praat saam

Solidariteit-aanlyn is ʼn gemeenskap waar mense mekaar ondersteun, kennis uitruil en saam bou aan ʼn vry, veilig en voorspoedige toekoms. Hier is jy nie bloot ʼn toeskouer nie – jy kan aktief aan gesprekke deelneem oor kwessies wat vir jou saak maak, inhoud met jou netwerk deel en betekenisvolle professionele bande bou.

Jy kan foto’s en video’s plaas, jou mening met jou netwerk deel en op ander mense se plasings reageer. Dit is ʼn sosiale ruimte wat spesiaal vir die Afrikaanse gemeenskap geskep is.

Jy het ook toegang tot ʼn persoonlike KI-assistent, Klets, wat jou van betroubare en volledige inligting voorsien en jou met enige taak kan help. Dit is selfs so veilig dat jou kind dit met vrymoedigheid kan gebruik om met skooltake te help. Boonop gesels Klets in goeie Afrikaans met jou.

Alles op een plek

Solidariteit-aanlyn is geskep om Afrikaners weer ʼn gevoel van behoort te gee, al is hulle nie fisies bymekaar nie. Van ʼn sosiale ruimte waar jy met ander kan skakel, KI-assistente en beroepsnetwerkgroepe tot relevante nuus en honderde kursusse – Solidariteit-aanlyn is jou betroubare loopbaanvennoot!

Word dus vandag nog deel van die grootste Afrikaanse aanlyn gemeenskap. Kom werk, leer en praat saam met duisende ander en bereik só jou volle potensiaal.

Laai die Solidariteit-app af vir Android of Apple, en registreer jou gratis profiel hier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-aanlyn.
Skep vandag nog jou profiel