
Foto Krediet: Verskaf
Gekopieër
Solidariteit-afvaardiging vergader met Trump-administrasie
Die afvaardiging vra vir verskerpte druk op ANC-leiers in belang van Afrikaners en Suid-Afrika. Die afvaardiging is dankbaar teenoor die Trump-administrasie nadat Trump die kollig op die menseregteskending van Afrikaners, én die ANC se roekelose beleidsrigtings en swak regering van die land geplaas het.
ʼn Afvaardiging van die Solidariteit Beweging, Solidariteit en AfriForum het in die Withuis in Washington DC met senior verteenwoordigers van pres. Donald Trump se administrasie vergader ter bevordering van die belange van Afrikaners en Suid-Afrika.

FOTO: Die afvaardiging wat Washington DC besoek.
Die afvaardiging het tydens dié vergadering sy dank teenoor die Trump-administrasie uitgespreek nadat Trump die kollig op die menseregteskending van Afrikaners, én die ANC se roekelose beleidsrigtings en swak regering van die land geplaas het.

FOTO: Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit by die Withuis.
Die Beweging is ook dankbaar vir die VSA se bereidwilligheid om bystand aan Afrikaners te bied. “Ons neem graag die hand van vriendskap wat die VSA-regering na Afrikaners uitsteek,” het Flip Buys, voorsitter van die Beweging, aan die verteenwoordigers van die VSA-regering gesê.

FOTO: Die afvaardiging by die Senaat in Washington DC.
Die Solidariteit Beweging het ook ʼn memorandum, getiteld die Washington Memorandum, tydens die vergadering aan die Trump-administrasie oorhandig. In dié memorandum word aangedui dat die belange van Suid-Afrika se inwoners, insluitend Afrikaners, ten beste bevorder kan word deur verskerpte druk op ANC-leiers, eerder as druk op die land.