Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Solidariteit bedank 2025-gholfdag se borge
Die Solidariteit Regsnetwerk en Finansiesnetwerk kyk terug op ʼn uitsonderlik suksesvolle gholfdag in September 2025. Nie net was die dag hope pret nie – dit was ongelooflik om te sien hoeveel mense genoeg omgee oor die toekoms van die regs- en finansiesberoepe om saam geld in te samel vir behoeftige studente in hierdie studierigtings.
Solidariteit betoon weer sy dank aan elke borg wat hierdie dag moontlik gemaak het:
• Kruger Internasionaal, ’n trotse Afrikaanse bate- en welvaartbestuursmaatskappy, en jou reisgenoot op die pad na finansiële sorgeloosheid.
• Venter Geldenhuys Ing. Prokureurs is ʼn dinamiese, gedrewe firma wat hoofsaaklik op litigasie fokus, veral in die hooggeregshof, en in kommersiële reg, strafreg en familiereg.
• Helpende Hand, ʼn gemeenskapsgebaseerde maatskaplike ontwikkelingsorganisasie binne die Solidariteit Beweging wat oplossings vind vir maatskaplike nood.
• Boerfin bied gespesialiseerde finansiële dienste wat diep gewortel is in kennis van die landbousektor.
• Mercedes-Benz Centurion as deel van die Bidvest McCarthy-groep, is ʼn toonaangewende handelaar wat ʼn reeks luukse nuwe, demonstrasie- en tweedehandse Mercedes-Benz-voertuie bied.
• Virseker is ʼn versekeringsmaatskappy wat die unieke behoeftes van die Afrikaanssprekende persoon verstaan.
• Nyumba Mobile Homes & Offices spesialiseer in die ontwerp en vervaardiging van mobiele en voorafvervaardigde leef- en werkeenhede.
• BB Menlyn Ford is ʼn vooraanstaande Ford-handelaar in Pretoria wat ʼn wye reeks nuwe en gebruikte Ford-voertuie aanbied.
• The Pro Shop is Suid-Afrika se voorste gholf-kleinhandelaar en die gewildste bestemming vir alle Suid-Afrikaanse gholfspelers.
• Labco en HR Bot bied innoverende, KI-gedrewe oplossings vir mensehulpbronne en arbeidsprosedures.
• Quantim Legal Solutions bied ʼn gespesialiseerde regsrekeningkundige sagtewarestelsel wat ontwerp is om aan die unieke eise van Suid-Afrikaanse regspraktyke te voldoen.
• Mobi G het die tradisionele gholfkarretjie herontwerp. Hul gholfkarretjies spog met duursame veselglasbakwerke, roesbestande gegalvaniseerde onderstelle en ʼn magdom unieke kenmerke, wat ʼn nuwe standaard in funksie en vorm stel.
• Gel Survey Solutions is ʼn opmetingsmaatskappy wat betroubare data en konstruksie-ondersteuning vir ʼn reeks projekte bied. Hulle spesialiseer in land- en hidrografiese opmetingsdienste, van klein terreine tot groot industriële ontwikkelings.
• Discovery is Suid-Afrika se grootste administrateur van mediese skemas, wat meer as 3,3 miljoen begunstigdes bedien.
• Cisco Matteo is ʼn modehandelsmerk wat die bedryf revolusioneer deur regstreeks met verskaffers te skakel en produkte in-huis te skep.
• Gegrond is ʼn koffiebrandery wat spog met “everyday friendly” koffie van hoë gehalte.
• Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) is ʼn gemagtigde finansiëledienstemaatskappy en deel van die Solidariteit Beweging wat die toekomstige finansiële welstand, sekerheid en volhoubaarheid van Afrikaanse individue en ondernemings te bevorder.
• Econofoods is ʼn toonaangewende voedseldiensverskaffer wat spesialiseer in bevrore, verkoelde en kruideniersprodukte vir die groothandel- en voedseldiensbedryf.
• Donkey Long Tong verstaan die Suid-Afrikaanse leefstyl en vervaardig die bekende 80 cm lange braaitang.
• Jonsson Workwear is ʼn leier in die werksklerebedryf en glo aan die beginsels van goeie gehalte, gemak en duursaamheid.
• Akademia, ʼn Christelike, onafhanklike hoëronderwysinstelling is ʼn akademiese tuiste vir die Afrikaanse taalgemeenskap.
• BRI Group is spesialiste in sakeredding en insolvensie. Hulle help maatskappye in finansiële nood om weer op hulle voete te kom, en weer beheer te kry.
• King Price is ʼn innoverende Suid-Afrikaanse versekeraar wat bekend is vir korttermynversekering, insluitend hul bekende model waar motorversekeringspremies maandeliks verminder.
• Die Geoktrooieerde Instituut vir Sake-rekenmeesters (CIBA) is ʼn professionele liggaam wat rekeningkundige professionele persone in Suid-Afrika verteenwoordig.
• AH Productions is ʼn professionele fotodeel-platform wat ontwerp is om fotograwe te help om hoëgehalte-foto’s vinnig en veilig aan hul kliënte te lewer.
• Republk is ʼn leefstyl-klerehandelsmerk wat fokus op goeie gehalte, klassieke styl en ʼn kultuur van harde werk. Hul klerereeks is ontwerp vir diegene wat hul identiteit met trots dra en deel is van ʼn gemeenskap met gedeelde ideale.
• Die Voortrekkermonument is veel meer as net ʼn erfenisterrein; dit dien as ʼn kulturele tuiste vir die Afrikaner en ʼn baken van hoop.
• Sesambos-gholfbaan is ʼn skilderagtige 9-putjie-gholfbaan aan die oewer van die Limpopo-rivier.
• Met-Al bring mure tot lewe met hul premium, lasergesnyde metaal muurkuns, pasgemaakte huisnommers, naamborde en dekor. Hul produkte word met trots in Suid-Afrika vervaardig.
• Afrikaner Vellies vier tradisionele vakmanskap. Elke paar skoene is handgemaak – handgesny, handgestik en handafgewerk – deur slegs leer van hoë gehalte te gebruik.
• Medihelp is een van Suid-Afrika se grootste en mees vertroude mediese skemas, wat meer as 200 000 lede dek. Hulle bied ʼn reeks van 10 verskillende planopsies.
• Vellie Boutique is toegewyd daaraan om die hoogste gehalte vellies (velskoene) van plaaslike en internasionale verskaffers te verkry teen bekostigbare pryse.
• Impala Vleis is ʼn bekroonde slagtery wat spesialiseer in van Suid-Afrikaners se gunstelingvleisprodukte, insluitend biltong en droëwors.
• The Goat and Co. is ʼn skemerkelkie- en sosiale kroeg in die hartjie van Hazelwood, Pretoria.
• Sol-Tech is ʼn geakkrediteerde, privaat tegniese opleidingskollege met Afrikaans as voertaal, en is ʼn trotse deel van die Solidariteit Beweging. Hulle fokus op beroepsopleiding wat lei tot nasionaal erkende, bruikbare kwalifikasies.
• The Rasmus bied ʼn eksklusiewe (bespreking is noodsaaklik), intieme en uitsonderlike kulinêre avontuur. Geleë op die oorspronklike plaas Waterkloof in Pretoria, fokus hierdie restaurant op ʼn ongeëwenaarde eetervaring wat ontwerp is om gaste te beïndruk.
Die Regsnetwerk en Finansiesnetwerk bedank elkeen van hierdie borge vir hul bydrae tot die sukses van hierdie dag! Julle ondersteuning is van onskatbare waarde.