
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Solidariteit: Begrafnisbystand – volledige gids tot ledevoordele
Deur Marné Pienaar
Om die verlies van ʼn geliefde te ervaar is nooit maklik nie. Solidariteit verstaan dat wanneer ʼn geliefde wegval, dit nie net ʼn emosionele tol eis nie, maar ook ʼn finansiële implikasie vir die familie van die oorledene inhou.
ʼn Byvoordeel van jou Solidariteit-lidmaatskap, wat jou in die werkplek teen diskriminasie en onregverdige behandeling beskerm, is gemoedsrus gedurende een van die lewe se moeilikste oomblikke.
Indien jy ʼn lid is of oorweeg om aan te sluit, hier is wat jy moet weet oor ons begrafnisbystand.
Wie kwalifiseer vir die begrafnisbystand?
Dié voordeel is slegs beskikbaar vir lede wat voor 50 jarige ouderdom aangesluit het, of persone wat by ʼn kollektiewe maatskappy werk.
Hierdie voordeel dek:
- • Die hooflid,
- • een genomineerde lewensmaat en
- • tot en met twee afhanklike kinders onder die ouderdom van 21.
Wat sluit hierdie voordeel in?
Die begrafnisbystand bied omvattende dekking en sluit die volgende in:
- • Begrafnisdienste en die kis soos voorgeskryf deur die groepskema se standaard aanbod.
- • ʼn Kontantuitbetaling indien die familie kies om van ʼn ander begrafnisondernemer gebruik te maak wat nie Avbob is nie.
- • Vir ʼn volledige lys van dienste wat ingesluit en uitgesluit word, kyk asseblief na hierdie brosjure.
Avbob of kontantuitbetaling – wat is die verskil?
Avbob is ʼn betroubare begrafnisondernemer wat ʼn professionele diens lewer. Deur voort te gaan met Avbob, kwalifiseer die lid vir die kis en dienste.
Alhoewel, sou die familie van die oorledene ʼn ander verskaffer verkies, is ʼn kontantuitbetaling volgens ʼn vooropgestelde skaal betaalbaar aan die lid. Klik hier om meer te lees.
Hoe om jou eis vir die begrafnisbystand in te dien
Solidariteit maak hierdie proses so maklik as moontlik vir jou en jou geliefdes gedurende moeilike tye. In die geval van ʼn geliefde wat oorlede is kan jy hierdie eenvoudige stappe volg:
- 1. Kontak jou huisdokter, pastoor/predikant en/of ander familielede of vriende vir ondersteuning.
- 2. Kontak jou naaste Avbob-tak om die oorledene se oorskot te kry en deel hulle pertinent mee dat dit ʼn Solidariteit-begrafnis is.
- 3. Maak seker jy het ʼn gedrukte huweliksertifikaat voor die afsterwe van die oorledene by die Departement van Binnelandse Sake geregistreer word.
Jy moet ook die volgende doen:
- 1. Rapporteer die sterfte aan Avbob binne ses maande.
- 2. Dien die volgende dokumente in: doodsertifikaat en die lid se besonderhede, en stuur dit via e-pos na groupschemeclaims@avbob.co.za.
- 3. Kontak Solidariteit vir ondersteuning indien nodig.
Ondersteuning wanneer jy dit die meeste nodig het
Solidariteit is daar vir jou wanneer jy dit die meeste nodig het.
Om meer oor die begrafnisbystand te leer, klik hier. Om meer uit te vind oor die verskeie voordele van ʼn Solidariteit-lidmaatskap, klik hier. Indien jy gereed is om daardie sprong te neem en by ʼn organisasie aan te sluit wat jou beste belange op die hart dra, klik hier en voltooi die vorm.