loading
Artikels
1 jaar gelede
solidariteit-bied-n-waardevolle-ondersteuningsnetwerk-vir-skoolouers

Foto Krediet: Pexels

Solidariteit bied ʼn waardevolle ondersteuningsnetwerk vir skoolouers

Deur Lize-Mari Verster

As ouer het jy genoeg dinge om jou oor te bekommer, maar die toekoms van jou kind hoef nie een daarvan te wees nie. Solidariteit wil jou as ouer gerusstel deur die nodige ondersteuning te bied vir jou kind se pad na ʼn suksesvolle toekoms.

Ons kinders moet reeds op hoërskool belangrike loopbaanbesluite neem. Die keuse van ʼn loopbaan kan vir kinders ʼn oorweldigende besluit wees, maar Solidariteit wil jong mense bemagtig om hierdie keuses met selfvertroue te maak en hulle roepings te volg.

Solidariteit se Skoliere-aanbod is daar om jou kind te help om die regte keuses vir hulle loopbaan te maak. So help ons jou:

Hulpmiddels met #Vakkeuses

Die besluite wat jou kinders nou op skool neem, het ʼn groot invloed op hul toekoms. Solidariteit kan jou kind op skool al help om uit te vind wat hul belangstellings en aanleg is sodat hulle die regte vakke kan kies.

Lees meer hier oor hoe jou kind die regte vakkeuses kan maak.

Belangstellingbepaler

Solidariteit se Belangstellingbepaler sal jou kind help om hul belangstellings te identifiseer sodat hulle verskeie moontlike loopbaankeuses kan ondersoek.

Hierdie gratis aanlyn vraelys is deur gekwalifiseerde bedryfsielkundiges ontwikkel en is maklik om te voltooi.

Kies die regte beroep met Solidariteit se Belangstellingbepaler, lees meer hier.

Loopbaanvoorligters

Indien jou kind na afloop van die Belangstellingbepaler steeds onseker is oor hulle beroepsreis, kan hulle psigometriese toetse by een van die kundiges in Solidariteit se netwerk van loopbaanvoorligters, opvoedkundige sielkundiges en psigometriste aflê.

Vra die kundige met wie jy kontak maak vir die Belangstellingbepaler-pakket. Hierdie pakket, wat vir lede van Solidariteit en deelnemers aan Solidariteit se Skoliere-aanbod beding is, gaan jou ʼn maksimum van R2 500,00 kos en sluit die volgende in:

  • ten minste een geakkrediteerde psigometriese toets wat jou aanleg bepaal;
  • ten minste een geakkrediteerde psigometriese toets wat jou persoonlikheid analiseer; en
  • ten minste een konsultasie wat ʼn uur lank duur met die kundige van jou keuse.

Hoe kan loopbaanvoorligters jou kind met beroepskeuses help? Lees hier.

My Hoërskoolpad

My Hoërskoolpad is ʼn allesomvattende inligtingsvideoreeks spesiaal ontwikkel om die meeste van die vrae wat jou kind moontlik in gr. 8 tot gr. 12 gaan teëkom, te beantwoord.

Hierdie waardevolle hulpbron ondersteun jou kind in hulle skoolloopbaan en sal help om hulle optimaal vir hulle volgende lewensfase voor te berei.

Lees meer oor wat My Hoërskoolpad vir jou kan bied. Klik hier.

Studieondersteuning

Ons glo dat almal wat wil studeer, moet kan studeer, daarom doen ons baie moeite om beurse, lenings en beurslenings te skep, en ons lede in te lig oor die beurse en lenings waarvoor hulle kan aansoek doen.

Solidariteit streef na suksesvolle studieondersteuning, lees meer hier.

Ons wil saam met jou ook jou kind help om ʼn goeie werk te kry en hulle volle potensiaal te bereik. Solidariteit het dus oor die afgelope 20 jaar in opleiding belê (lees meer hier oor hoe Solidariteit aan die toekoms van Afrikaanse opleiding bou). Solidariteit belê ook in die toekoms van ons lede en hulle kinders. Dit is ook een van die redes waarom skoliere vir ons so belangrik is. Hulle gaan nog een van die grootste groeipunte van Solidariteit word.

Help jou kind om hul gratis profiel op Solidariteit te registreer en ontgin vandag al die voordele van die Skoliere-aanbod. Ontsluit ʼn gemeenskap waar ons jou kind help om ʼn sukses van hul loopbaan te maak.

Waarvoor wag jy? Gaan registreer ʼn profiel, dis gratis! Klik hier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel