loading
Artikels
1 jaar gelede
solidariteit-streef-na-suksesvolle-studieondersteuning

Foto Krediet: OkayDeer

Solidariteit streef na suksesvolle studieondersteuning

Deur Ané Janse van Rensburg

Solidariteit glo dat elke jong mens met studiedrome die geleentheid moet hê om hulle toekoms oop te leer. Alhoewel tersiêre onderrig ʼn beduidende finansiële impak op jou as ouer se beursie het, hoef dit nie ’n bepalende faktor te wees om jou kind te laat studeer of nie.

Op Solidariteit se aanlyn platform is verwysings na verskeie instansies wat finansiële studiehulp aan studente bied. Hierdie hulp kom in die vorm van meer as 40 studiebeurse en -lenings waarvoor ʼn voornemende student kan aansoek doen. Die platform lys verskeie instansies en hul kontakbesonderhede by wie julle kan aanklop vir finansiële hulp, wat insluit Solidariteit Finansiële Dienste, die Helpende Hand Studietrust (HHST), die Atterbury Trust, die Helpmekaar Studiefonds en vele meer. Klik hier om die lys te besigtig.

Studiebeurse en studielenings verskil wel en dit is belangrik om op die bepalings en voorwaardes te let.

‘n Studiebeurs is gewoonlik ‘n bedrag geld wat deur ’n eksterne persoon of instansie aan ʼn student toegeken word. Hierdie bedrag dek gewoonlik studiegeld, verblyf, kos en boeke. Die belangrikste voorwaardes wat gewoonlik hieraan verbonde is, is dat die student ‘n sekere akademiese standaard moet handhaaf en ná afloop van sy of haar studie vir die maatskappy moet gaan werk.

Met ’n studielening word ’n bedrag geld ook vir die student se studie toegeken, maar dit moet ná afloop van die studietydperk aan die eksterne persoon of instansie terugbetaal word. Sommige instellings soos die Helpende Hand Studietrust bied rentevrye studielenings aan studente, maar ander- soos finansiële instellings (banke) se studielenings moet wel met rente terugbetaal word.  

Lees hier meer oor hoe ‘n studiebeurs werk.

Volg die volgende stappe om die aansoekproses vir ’n studielening of -beurs te begin:

Eerstens moet jy en jou kind verskeie instellings oorweeg wat die gekose kursus aanbied. Dan is die volgende stap om by een of meer van hierdie instellings aansoek vir toelating tot die gekose studierigting te doen.  

Indien Akademia, Sol-Tech of Bo-Karoo Opleiding een van jul gekose instelling is, moet daar tydens die aansoekproses vir toelating aangedui word indien finansiële hulp benodig word. Kontak daarna Solidariteit Finansiële Dienste (SFD), wat dan dié proses as suksesvol of onsuksesvol sal verklaar. Indien jou kind se aansoek nie suksesvol is nie, kan jy die HHST kontak om addisionele opsies te bespreek. In die geval van ’n suksesvolle aansoek, is die hiér waar jou kind se lewe as student begin!

Indien jou kind by ‘n ander instelling wil aansoek doen en finansiële bystand benodig, gaan kyk hier na die Helpende Hand Studietrust (HHST) en 30 ander instellings wat studielenings en -beurse aanbied.

Kyk hier na ’n breë oorsig oor die bostaande aansoekproses.

Elke kind verdien ’n netwerkgemeenskap wat hom of haar sonder perke in elke droom en doelwit ondersteun. Sluit vandag nog aan by Solidariteit se aanlyn netwerk en gee jou kind die geleentheid om daardie doelwitte te bereik.

Klik hier en ontsluit die netwerk wat tot jou kind se studiesukses kan bydra.  

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel