loading
Mediaverklarings
2 dae gelede
solidariteit-dien-klagte-by-persombud-van-suid-afrika-in-teen-sunday-world

Foto Krediet: Verskaf

Solidariteit dien klagte by persombud van Suid-Afrika in teen Sunday World

Solidariteit het ‘n klagte by persombud van Suid-Afrika teen Sunday World ingedien.Die klagte hou verband met blatante onwaarhede in dié koerant se redaksionele kommentaar onder die opskrif: “Moegoe: AfriForum” op Sondag 10 November 2024.
In dié kommentaar, waarin die Bela-protesoptog onder leiding van die Solidariteit Beweging gekritiseer word, raak die skrywer binne enkele sinne verskeie valshede kwyt.
Daar word verwys na AfriForum en sy bondgenote as organisasies wat “die apartheidvlag tydens die protesoptog laat wapper het”.
Hierdie organisasies het egter op geen tydstip tydens die Bela-protesoptog die vlag wat die apartheidsregering van Suid-Afrika verteenwoordig, vertoon nie. 
Verdere beskuldigings in die kommentaar is dat die oranjekleurige T-hemde wat by die geleentheid gedra is verteenwoordigend van die apartheidsvlag mag wees. Dit is ook ʼn moedswillige verbeeldingsvlug.
Hierdie kleur is welbekend as die korporatiewe kleur van die Solidariteit Beweging en hou sterk verband met ʼn veel ouer Afrikanergeskiedenis.
Laastens trek die kommentator ʼn verband tussen dié simbole (wat nie vertoon is nie) en ʼn situasie waar nazi-simbole doelbewus in Duitsland vertoon word.
Die ombud word gevra om ʼn verskoning van die publikasie te eis om só die valshede oor die protesoptog en die organisasies wat dit vreedsaam gelei het, te takel.

Lees die Sunday World-kommentaar hier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel