Afrikaans

English

loading
avatar
Mediaverklarings
14 uur gelede
solidariteit-gaan-voort-met-regsaksie-teen-tshwane-oor-mettler-se-onwettige-skorsing

Foto Krediet: OkayDeer

Solidariteit gaan voort met regsaksie teen Tshwane oor Mettler se onwettige skorsing

Solidariteit het sy regspan vanoggend opdrag gegee om hofstukke te finaliseer om die Stad Tshwane se besluit om die metro se stadsbestuurder, Johann Mettler, te skors, in die hof te beveg.

 Volgens Anton van der Bijl, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, bestaan daar geen ander keuse as om die onreg wat die Stad Tshwane teenoor Mettler, ʼn Solidariteit-lid, pleeg, in die hof aan te vat nie.

“Die metro se reeks besluite wat tot mnr. Mettler se skorsing gelei het, is eenvoudig net onwettig, irrasioneel en ongrondwetlik.

“Verder het ons waarskuwings oor regsaksie, sou die metro nie sy besluit oor mnr. Mettler onmiddellik hersien nie, skynbaar op dowe ore geval. Daarom sal ons hofstukke binne die volgende 24 uur op die Stad Tshwane beteken word,” sê Van der Bijl.

Solidariteit beskou mnr. Mettler se skorsing op 9 Julie, en die metro se weiering om dié besluit te hersien, as ʼn polities gemotiveerde skuif en is oortuig daarvan dat hierdie onreg in die hof ontbloot sal word.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel