
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Solidariteit gee die regering se rassewetgewing ʼn bloedneus
Deur Robin-Lee Maré
In September 2023 het Solidariteit met trots ʼn revolusionêre werkplatform bekendgestel – ʼn inisiatief wat daarop gemik is om werksgeleenthede vir mense te fasiliteer sonder die beperking van die regering se rassekwotas. Solidariteit se alles-in-een-platform vir werk en leer bied talle poste vir alle kandidate wat op meriete werk, en stel Solidariteit in staat om die Afrikanergemeenskap aktief te ondersteun in hul strewe na selfstandigheid en volhoubare werksgeleenthede.
Wit Suid-Afrikaners het die afgelope 30 jaar die harde werklikheid ervaar dat werksgeleenthede meestal vir hulle beperk is weens hul velkleur. Hierdie situasie spruit grootliks voort uit die Wet op Gelyke Indiensneming (Wet No. 55 van 1998), wat geïmplementeer is om historiese ongelykhede, veral dié van die apartheidsera, die hoof te bied. Dié wet poog om voorheen benadeelde groepe, soos swart Suid-Afrikaners, voorkeur te gee tot werksgeleenthede, ongeag meriete.
Hierdie wet het na vernietigende gevolge gelei, nie net vir families nie, maar vir die Suid-Afrikaanse ekonomie in geheel.
Ondanks die wet se doel om historiese ongelykhede reg te stel, het dit nie ʼn beduidende afname in ekonomiese ongelykheid bewerkstellig nie. Die werkloosheidsyfer, veral onder swart Suid-Afrikaners, het in sommige gevalle toegeneem, en die land se arbeidsmark het gesukkel om die vraag na werksgeleenthede te balanseer.
Maar, danksy Solidariteit, hoef wit Suid-Afrikaners nie meer te sê “Ek is te wit vir werk” nie. Solidariteit glo dat elkeen wat wíl werk, moet kán werk en nie net werk nie, maar hulle volle potensiaal bereik.
Deur ʼn gratis profiel op Solidariteit te skep, kry jy toegang tot ʼn wye verskeidenheid werksgeleenthede wat nie deur diskriminerende maatreëls beïnvloed word nie.
Solidariteit bied ook nuttige gereedskap, soos ʼn CV– en onderhoudgids, wat jou kan help om ʼn professionele CV op te stel en jou vir werksonderhoude voor te berei.
Hierdeur bemagtig jy jouself om in jou taal én in jou land te werk en werklik ʼn verskil te maak.
Solidariteit stap die volle loopbaanpad saam met jou, maak die loopbaanpad gelyk en gee jou die nodige ondersteuning wat jy benodig om jou loopbaan te bevorder.
Skep hier jou gratis profiel en neem vandag beheer van jou toekoms!