loading
Artikels
6 dae gelede
solidariteit-helpende-hand-en-afriskuld-skep-lig-vir-elke-suid-afrikaner

Foto Krediet: OkayDeer

Solidariteit Helpende Hand en AfriSkuld: Skep LIG vir elke Suid-Afrikaner

Deur Ané Janse van Rensburg

Op 19 September gaan Solidariteit Helpende Hand en AfriSkuld hul kragte saamspan vir die LIG-konsert – ʼn viering van mense met gestremdhede se deursettingsvermoë.

Dié konsert wat vanjaar vir die vierde keer aangebied word het sy oorsprong in 2021 as die “SING, HOOP, en WEERKLINK-konsert,” maar het ʼn naamsverandering ondergaan en staan nou bekend as die LIG-konsert, wat staan vir “Liefde in Gestremdheid”.

Die tema van vanjaar se konsert is “Die lewe skuld jou niks. As ek kan, kan jy ook” en hiermee wil hulle die boodskap gee dat niemand deur gestremdhede beperk moet voel nie. Hierdie spesiale geleentheid is ʼn platform vir die gemeenskap om saam te staan en mense met gestremdhede te ondersteun.

AfriSkuld tree vanjaar op as die naamborg van die LIG-konsert en is daartoe verbind om ʼn reuseverskil te maak in die lewens van mense met gestremdhede. René Roux, hoof van media by Solidariteit Helpende Hand, sê: “Mense met gestremdhede en ʼn aangepaste leefstyl bly ʼn inspirasie vir ons. Oor die wêreld heen sien ons hoe hulle elke dag aanhou en ʼn sterker gemeenskap bou.”

Een van die belangrikste uitkomste van die konsert is om fondse in te samel vir die LIG-studiefonds, wat daarop gemik is om mense met gestremdhede die geleentheid te bied om te studeer en ʼn volhoubare bydrae tot die samelewing te maak. Hoër onderwys vir jong mense met gestremdhede verbeter nie net hul lewenskwaliteit nie, maar skep ook werksgeleenthede wat hulle bemagtig om suksesvol in die gemeenskap te integreer.

Kunstenaars soos Prop, Ruan Josh en Sonja Herold gaan by die konsert optree en hulle musiek en inspirasie net die gemeenskap deel. Dit is meer as net ʼn musiekgeleentheid – dit is ʼn kans om hoop te bied en gesamentlike ondersteuning te toon.

Koop jou kaartjie hier.

Solidariteit is trots om betrokke te wees by inisiatiewe soos die LIG-konsert, want ons glo in die krag van samewerking en ondersteuning. Saam wil ons bou aan ʼn toekoms waar ieder en elk ʼn suksesstorie mag skryf, want #JyHoortHier!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel