Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Solidariteit is jou gids tot suksesvolle werksvoorbereiding
Deur Maryna Eksteen
Solidariteit is die grootste Afrikaanse aanlyn bymekaarkomplek vir werksoekers. Hiér help ons jou om die wêreld van werk baas te raak en bemagtig ons jou om jou volle potensiaal te bereik.
In hierdie nuwe omgewing gaan jy vinnig besef dat daar baie mededinging is vir die poste waarvoor jy wil aansoek doen. Daarom is dit nou belangriker as ooit om ʼn unieke CV op te stel wat werkgewers se aandag sal trek.
Danksy Solidariteit se CV-bouer is dit nou makliker as ooit om ʼn indrukwekkende CV op te stel en af te laai, wat gereed is om aan potensiële werkgewers gestuur te word.
Hoe werk die CV-bouer?
Die eerste stap behels om jou profiel op Solidariteit te registreer. Volg dan die “Raak betrokke”-skakel en vul die verlangde inligting in. Hierdie inligting sluit in jou persoonlike inligting sowel as jou kontakbesonderhede, ervaring, kwalifikasies, belangstellings en so meer. Ná die voltooiing van jou profiel stel die platform ʼn CV vir jou op wat jy kan aflaai. Dit is belangrik dat jy jou inligting so volledig as moontlik voltooi sodat jou profiel die regte organisasies en ondernemings se aandag trek. Indien jy graag meer inligting wil hê rondom die CV-bouer kan jy na die Studeerkamer op Solidariteit se tuisblad navigeer vir ʼn stap-vir-stap-gids.
Kyk hier na die video wat verduidelik hoe jy jou CV kan aflaai.
ʼn Goeie CV is van groot waarde om jou aansoek vir ʼn pos van die res van die aansoekers te onderskei. In ʼn omgewing waarin daar beslis geen tekort aan werkaansoeke ondervind word nie, kan ʼn aantreklike, interessante en unieke aansoek beslis deurslaggewend wees in jou sukses.
Raak vertroud met ons Onderhoudgids!
Jou indrukwekkende CV het vir jou die geleentheid van ʼn werksonderhoud besorg. Die onderhoud is ʼn geleentheid om jouself as die beste kandidaat vir die pos te ‘verkoop’. Met Solidariteit se Onderhoudgids kan jy van ons wenke gebruik maak om jouself vir ʼn suksesvolle onderhoud voor te berei én leer hoe om jouself effektief te bemark.
Sodra jy jou CV klaar gebou het kan jy na die studeerkamer navigeer om jou volledige Onderhoudgids af te laai. Werksoek was nog nooit só maklik nie!
Skep vandag nog jou Solidariteit-profiel en bemagtig jouself om bo jou mededingers uit te staan.