loading
Artikels
1 jaar gelede
solidariteit-jeug-ondersteuning-vir-graad-11-leerders-en-ouers

Foto Krediet: Okay Deer

Solidariteit bied ondersteuning vir Graad 11-leerders en ouers

Deur Heléne Leonard

Met Graad 10 wat stadig maar seker tot ʼn einde kom, staan jou kind voor ʼn opwindende nuwe hoofstuk in hulle hoërskoolreis – graad 11. Hierdie fase bring ʼn aantal nuwe uitdagings en belangrike besluite, en dit is waar Solidariteit intree om ʼn helpende hand te bied.

Ons erken die unieke behoeftes van Graad 11-leerders en hul ouers, en as gevolg daarvan het ons ʼn omvattende videoleerhulpbron saamgestel wat spesifiek daarop gemik is om ondersteuning in hierdie kritieke jaar van hoërskool te bied. Hierdie hulpbron, toeganklik op www.solidariteit.co.za, is gratis beskikbaar en volledig in Afrikaans.

Die videoleerhulpbron bevat sewe insiggewende video’s wat ʼn verskeidenheid van onderwerpe dek, insluitend die aansoekproses by verskeie tersiêre instansies, jou TP-telling en praktiese leiding oor hoe om seker te maak dat jou kind gereed is vir die pad wat voorlê. Ons fokus nie net op akademiese aspekte nie, maar bied ook waardevolle inligting oor alternatiewe loopbaanplanne, ouer-motivering, en die moets en moenies wanneer dit by jou kind se tersiêre studie kom.

“Ons doel is om ʼn holistiese benadering tot graad 11 te bevorder, wat nie net akademiese sukses ondersteun nie, maar ook die algemene welstand en toekomsvooruitsigte van elke leerder,” vertel Mareli Bothma, bestuurder van Solidariteit se aanbod vir skoliere.

Kyk gerus op www.solidariteit.co.za vir gratis toegang tot hierdie waardevolle hulpbron en om meer te ontdek oor hoe Solidariteit jou kind kan ondersteun op sy of haar pad na ʼn blink toekoms. Ons is hier om jou te help bou aan ʼn suksesvolle leerervaring vir jou kind en om saam die reis na volwassenheid te navigeer.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel