loading
Artikels
1 jaar gelede
solidariteit-jong-mense-se-eenstop-platform-vir-werk

Foto Krediet: Solidariteit

Solidariteit: Jong mense se eenstop-platform vir werk

Deur Heléne Leonard

Solidariteit se aanlyn platform bied ʼn oorvloed van geleenthede en ondersteuning vir jong werkendes. Terwyl jy baie kan leer oor die werkplek in die praktyk, is daar ook ander aanbiedings waaruit jou loopbaan op ʼn jong ouderdom kan baat – soos uitgelê op die platform wat Solidariteit binnekort beskikbaar gaan stel.

As jong werkende is die opbou van ʼn sterk werknetwerk van kardinale belang vir jou. Daarom bied Solidariteit se splinternuwe platform ʼn wye verskeidenheid geleenthede aan jong werkendes. Hierdie geleenthede sluit in toegang tot mentorskapprogramme, voortgesette leer en nog vele meer. Hier is wat Solidariteit se Afrikaanse aanlyn platform, enig in sy soort, jou kan bied:

As jong werkende word jy deel van ʼn netwerk van gelykgesinde jong mense.

Hierdie produk is volkome uniek in die Suid-Afrikaanse werkomgewing. Dit bied nie net ʼn verskeidenheid praktiese voordele nie, maar hierdie platform help jou ook om jou volle potensiaal te bereik wat selfs buite die werkplek strek.

Dié platform is ook geskep vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap wat ten volle gebruik maak van die geleenthede wat die digitale wêreld bied. Van die geleenthede wat hier gebied word, sluit in voortgesette leer, werkfasilitering, netwerke van kenners en vele meer. “Ons glo dat hierdie platform die beginpunt is vir enige jong werkende na ʼn vrye, veilige en voorspoedige toekoms in ons gemeenskap,” vertel Marike Burger, koördineerder van Solidariteit Jongwerkende.

“Ons word gedryf deur ʼn gemeenskaplike visie om ʼn platform te skep wat die krag van die digitale era op ʼn positiewe en inklusiewe manier benut. Ons erken die uitdagings wat ons jong gemeenskap in die verlede ervaar het, en ons glo dat deur toegang te bied tot digitale hulpbronne en geleenthede, ons die geleentheid het om ʼn beter toekoms vir ons jong mense en gemeenskap te skep,” vertel sy verder.

Ons is vasbeslote om ʼn kulturele beweging te skep wat aangedryf word deur innoverende denke en ʼn gemeenskaplike strewe na samewerking en vooruitgang. Ons platform is ontwerp om die kernwaardes van ons gemeenskap te weerspieël en om ʼn plek te wees waar ons kan saamkom om te leer, te groei en mekaar te ondersteun.

Solidariteit se platform gaan beslis ʼn impak hê op die lewens van jong werkendes asook gemeenskapslede, en Solidariteit streef daarna om vir hierdie gemeenskap ʼn beter toekoms te skep. Ons nooi jou uit om deel te wees van hierdie nuwe beweging en om saam met ons te bou aan ʼn vrye, veilige en voorspoedige toekoms vir ons gemeenskap. Lees hier meer oor Solidariteit Jongwerkende. Vir meer inligting, klik hier.

Jou werk is ons werk! #OnsBou saam aan die toekoms, want #OnsSalSelf!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel