loading
Artikels
1 jaar gelede
solidariteit-jongwerkende-jou-regte-en-advies-in-die-werkplek

Foto Krediet: OkayDeer

Jong werkende: Hier is jou regte en advies in die werkplek

Deur Heléne Leonard

Wanneer jy jou eerste stap in die wêreld van werk neem, is daar dikwels baie wat jy moet leer en ʼn hele paar aanpassings wat jy moet maak om suksesvol te wees. Een van die belangrikste aspekte van jou loopbaan wat jy moet wees, is wat is jou regte in die werkplek. Dit is hier waar Solidariteit intree en jou as jong werkende help deur jou regte te beskerm en jou te adviseer oor arbeidsaangeleenthede. Lees hier wat Solidariteit jou bied.

Jou regte in die werkplek

Daar is ʼn algemene misverstand dat as jy jonk en nuut in die werksomgewing is, jy nie altyd geregtig is op dieselfde reëls as ander in die werkplek nie, want jy moet baie leer en nog jou voete vind. Dit is egter beslis nie die geval nie. Die Suid-Afrikaanse arbeidswet beskerm werknemers van alle ouderdomme, insluitend jong werkendes. Jy het regte wat jou beskerm teen misbruik en jou help om in ʼn veilige en regverdige werksomgewing te funksioneer.

Chereé Meyer, organiseerder van Solidariteit se Jongwerkende-aanbod, sê die volgende oor jou regte in die werkplek: “Die bekende spreekwoord ‘kennis is mag’ sê duidelik vir ons dat iemand wat ingelig is, oor mag beskik. Om jou regte in die werkplek te ken gaan vir jou die nodige mag gee om uitbuiting, onregverdigheid en diskriminasie te vermy. Jy kan ook op Solidariteit se knoppie druk sou jy enige bystand nodig hê om op jou regte te staan.”

Solidariteit se regshulp aan jong werkendes

Solidariteit verskaf regsadvies in verband met arbeidsreg aan jong werkendes. Hier volg ʼn paar belangrike afdelings binne die arbeidsreg waarin hulle jou kan ondersteun:

Siekverlof

Solidariteit kan jou help om te verstaan wat die wet oor siekverlof sê. Dit sluit in die aantal dae wat jy mag af neem, die vereistes vir mediese sertifikate en jou regte tydens siekverlof.

Oortydbetaling

Solidariteit kan jou inlig oor jou regte met betrekking tot oortyd. Dit sluit in die tariewe vir oortyd, wanneer jy dit kan eis en enige addisionele voordele wat jy mag ontvang wanneer jy oortyd gewerk het.

Dienskontrakte

Solidariteit kan jou help om jou dienskontrak te ontleed en te verseker dat dit in ooreenstemming is met die wet. Dit sluit in die bepaling van jou pligte en regte as ʼn werknemer.

Afdanking

As jy onregmatig afgedank word, kan Solidariteit jou adviseer oor die proses en jou regte as werknemer. Hulle kan jou ook help om ʼn regverdige ontslagvergoeding te eis indien van toepassing.

Solidariteit het ʼn prettige manier om jou kennis van arbeidswetgewing te toets. Jy kan ʼn vinnige toets wat uit tien vrae bestaan hier aflê om te sien hoeveel jy weet van siekverlof, oortydbetaling, dienskontrakte, salarisverhogings en afdankings. Hierdie toets kan jou help om jou begrip van jou regte in die werkplek op te skerp.

Dit is belangrik om bewus te wees van jou regte in die werkplek, ongeag jou ouderdom of ervaring. Solidariteit is daar om jou te ondersteun, jou te adviseer en jou te help om ʼn suksesvolle en regverdige loopbaan uit te bou. Onthou, jy het regte in die werkplek en die wet is daar om jou te beskerm. Sluit vandag nog hier aan!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel