loading
Artikels
4 dae gelede
produktiwiteitsangs-wat-niemand-jou-vertel-van-werk-van-die-huis-af-nie

Foto Krediet: OkayDeer

Produktiwiteitsangs: Wat niemand jou vertel van werk van die huis af nie

Deur Reon Janse van Rensburg

Met die toename in mense wat van die huis af werk, het produktiwiteitsangs vir baie werknemers ʼn realiteit geword. Meer as 67% van mense wat van die huis af werk voel onder druk om voortdurend beskikbaar te wees, en slegs 30% vermy werk ten volle oor naweke. Hierdie druk kan van die werknemer self af kom as grense nie duidelik gestel word nie, of uit onsekerheid spruit oor wat presies van hulle verwag word. Die gevolge is dikwels meer spanning en ʼn balans tussen werk en privaat lewe wat moeilik is om te handhaaf.

Wat is produktiwiteitsangs?

Produktiwiteitsangs is die innerlike druk wat maak dat jy voel jou harde werk en prestasies is nooit genoeg nie. Al werk jy ure aaneen of voltooi jou take op tyd, bly daar ʼn knaende gevoel van twyfel dat jy nie vinnig of goed genoeg presteer nie. Dit skep ʼn voortdurende ontevredenheid by jou en ʼn gevoel dat die lys van verantwoordelikhede net bly groei, wat uiteindelik ʼn vrees vir mislukking aanwakker.

Dié tipe angs is nie net spesifiek tot werk nie; dit kan in enige area van jou lewe opduik waar jy probeer om aan persoonlike doelwitte te voldoen, soos by verhoudings of selfverbetering. Wanneer ʼn strewe om te presteer gedryf word deur selfkritiek eerder as gesonde motivering, kan dit langdurige stres veroorsaak wat beide die liggaam en gemoed raak.

Die uitdaging

Afsondering en ʼn gebrek aan sosiale interaksie dra by tot hierdie uitdaging. Wat vroeër gewone geselsies by die koffiemasjien was, het nou ʼn leemte gelaat wat tot gevoelens van eensaamheid lei en werknemers laat voel asof hulle werksgeleenthede misloop. ʼn Opname het getoon dat 69% van werkers wat van die huis af werk voel dat hulle geleenthede mis, 54% verlang na hul vorige roetines, en 83% sukkel om ʼn balans tussen werk en huislewe te handhaaf.

Die impak van produktiwiteitsangs en eensaamheid kan uiteindelik lei tot ʼn afname in produktiwiteit en geestelike welstand. Werkgewers moet die waarde van ʼn ondersteunende werksomgewing wat grense erken en werknemers se welstand prioritiseer, insien. Dit kan gedoen word deur ʼn formele welstandsprogram te implementeer wat afgeleë werknemers help om grense te stel en hulle geestelike gesondheid te bevorder.

Die oplossing

Solidariteit se kursus, Welstand van jou personeel, is ideaal vir werkgewers wat die nodige ondersteuning wil bied aan hul werknemers. Hierdie kursus dek alles van die belangrikheid van werknemerwelstand tot praktiese wenke om ʼn ondersteunende werkplekkultuur te skep. Die kursus leer werkgewers om die welstand van hul personeel te identifiseer en te hanteer, en beklemtoon hoe ʼn welstandsprogram kan help om gesonde grense te stel.

ʼn Kultuur van welstand bring nie net vertroue in die organisasie nie, maar verbeter ook produktiwiteit en werkstevredenheid. Met die regte ondersteuning kan werknemers gesonde grense stel, beter stres bestuur en voel asof hulle behoeftes in ag geneem word – al werk hulle van die huis af.

Een van die beste maniere om mekaar te ondersteun, is deur mekaar werksgeleenthede te bied. Die doel van werkfasilitering is om werk op ʼn grootskaalse manier te bevorder. Dit fokus daarop om mense in diens te kry, mense te help om beter werksgeleenthede te vind, en ondernemings met goeie werknemers te verbind.

Solidariteit is nie ʼn tradisionele werwingsagentskap nie, maar ons werkfasiliteringsplatform is ʼn Afrikaanse aanlyn netwerk waar werkgewers en werknemers kan saamwerk en kontak maak – en dit is gratis om jou profiel te skep! Klik hier en sluit aan by ʼn unieke netwerk van werk, waar jy kan leer en floreer.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel