loading
avatar
Artikels
5 jaar gelede
werknet-waar-werkgewers-en-werknemers-mekaar-kan-ontmoet

Foto Krediet: OkayDeer

Op Solidariteit-aanlyn ontmoet werkgewers en werknemers mekaar

Deur Ané Janse van Rensburg

Een van die belangrikste maniere om mekaar te help, is om mekaar in diens te neem. Daarom fokus Solidariteit op werk. Solidariteit-aanlyn is juis ontwikkel as ʼn aanlyn bymekaarkomplek waar werknemers en werkgewers in Afrikaans met mekaar kan skakel en netwerk.

Die volgende funksies is op Solidariteit-aanlyn beskikbaar:

  • • Jy kan jou CV op ʼn voorafopgestelde templaat laai deur ʼn volledige profiel te skep.
  • • Werkgewers kan poste op ʼn voorafopgestelde templaat adverteer. Solidariteit-aanlyn bied ook waardevolle bemarkingsblootstelling vir jou poste. Jou onderneming se poste word op beroepspesifieke platforms en sosiale media versprei om te verseker dat ʼn groter aantal potensiële werknemers bereik word.
  • • Werknemers kan geadverteerde poste besigtig en hul CV’s vir beskikbare poste indien. Werkfasilitering maak terselfdertyd dit vir werksoekers moontlik om met verskillende ondernemings en mense in dieselfde beroep in verbinding te tree. Beroepsnetwerke stel jou in staat om kontakte op te bou en jou loopbaan ʼn hupstoot te gee.
  • • Die jeug is vir ons belangrik. Daarom bied Solidariteit-aanlyn geleenthede vir werkgewers en werksoekers om klerkskappe, internskappe, vakansiewerk en gemeenskapswerk op Solidariteit aan te bied of daarvoor aansoek te doen.

So werk dit:

  • • Skep en voltooi ʼn profiel (klik hier).
  • • Lede se volledige inligting word op die werkfasiliteringsblad op Solidariteit-aanlyn beskikbaar gestel. Hierdie inligting stel lede in staat om met die klik van ʼn knoppie vir geadverteerde poste aansoek te doen.
  • • Uiteindelik dien werkfasilitering op Solidariteit-aanlyn as ʼn slim stelsel wat aansoeke en plasings, sowel as produkte en dienste, met mekaar verbind.

Die volledige loopbaanpad van ʼn lid is op Solidariteit-aanlyn beskikbaar, en ons wil graag hierdie pad saam met jou stap. Deur poste te adverteer en werkgewers en werknemers met mekaar te verbind, bemagtig ons mekaar om saam aan ʼn voorspoedige toekoms te bou – vir dié wat reeds werk, sowel as vir dié wat nog werk soek.

Klik hier en begin vandag jou beroepsreis na sukses! 

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel