Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
Voortgesette leer skep geleenthede vir werknemers
Deur Reon Janse van Rensburg
Die werkplek soos ons dit reeds dekades lank ken, is vinnig aan die verander en is konstant besig om meer divers en ook dikwels meer kompleks te raak. Werkgewers besef voortdurend in hierdie tydperk dat formele kwalifikasies nie die enigste manier is om personeel te identifiseer wat vir hulle ondernemings voordelig sal wees nie. Die ervaring wat werknemers by vorige geleenthede opgedoen het en wat oor elke betrokke werknemer se loopbaanpad gekom het, kan op verskeie maniere deur die betrokke onderneming aangewend word.
Jou hele lewe soos jy dit tans ken, kan vanjaar verander. Om jou lewe en loopbaan in jou eie hande te neem, mag dalk net die besluit wees wat jy nodig het om jou loopbaan ʼn hupstoot te gee en ook waar jy jouself in ʼn posisie kan plaas om jouself en jou uitkyk op die lewe te verryk. Hierdie verryking kan plaasvind deur die aanleer van nuwe vaardighede wat beide binne en buite die werkplek baie vir jou en jou loopbaan kan beteken.
Solidariteit werk hard daaraan dat sy lede die geleentheid gegun word om hul vermoëns en vaardighede tot so ʼn mate te kan ontwikkel dat hulle ʼn goeie werk kan kry en behou om sodoende vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika te kan werk en leef.
Goeie opleiding is skaars en ʼn tekort aan vaardighede belemmer jou toekoms en werksekerheid – dit is juis die knelpunt wat deur die Solidariteit Boufonds aangepak word. Klik hier om meer oor die Solidariteit Boufonds te lees.
Jy onthou seker hoe mense tydens die inperkingstydperk begin het om webinare by te woon – jy was moontlik self een van hulle. Dit mag dalk aan die begin vreemd gewees het, maar die tendens is hier om te bly. Aanlyn platforms bied mense die geleentheid om vanuit die gemak van hul eie kantoor of sitkamer en vanaf enige plek in die wêreld nuwe vaardighede aan te leer en te bemeester.
Solidariteit-aanlyn bied kursusse vir voortgesette leer aan lede wat deel vorm van Solidariteit se waarde-aanbod om lede in hulle netwerke te verryk en te bemagtig. Solidariteit is daarop gefokus om voortgesette professionele ontwikkeling vir professionele persone aan te bied, en Solidariteit se beroepsnetwerke werk hard daaraan om hul lede die geleentheid te bied om die konsep van lewenslange leer in ʼn realiteit te omskep.
Daar is talle verskillende kursusse, e-leer-aanbiedinge, asook webinare op Solidariteit-aanlyn beskikbaar wat Solidariteit-lede kan benut om nuwe vaardighede aan te leer wat hulle die hupstoot kan gee om hulle loopbaan tot die volgende vlak te neem.
Nagenoeg 150 kursusse is gratis vir lede op Solidariteit-aanlyn beskikbaar, wat nie slegs ideaal is om jou begroting te laat klop nie, maar jou ook toelaat om nuwe vaardighede by jou CV te voeg wat die volgende voornemende werkgewer mag beïndruk.
Bemagtig jouself en staan uit bo jou mededingers deur vir een van die kursusse op Solidariteit-aanlyn te voltooi. Lees hier meer oor voortgesette leer en klik hier vir toegang tot die lys kursusse.
Begin vandag nog met jou leerproses op Solidariteit!