loading
Artikels
1 jaar gelede
solidariteit-maak-onderwysers-se-hande-sterk

Foto Krediet: OkayDeer

Solidariteit versterk onderwysers se hande!

Deur Maryna Eksteen

“Solidariteit het ʼn plek van samekoms geskep vir ʼn gemeenskap wat verenig is in die oortuiging dat hul sukses in ʼn gemeenskap en kultuur van helpmekaar lê. Dié gemeenskap is nêrens anders te vind as aan die suidpunt van Afrika nie en hul fondasie is gebou op Westerse waardes en ʼn diep waardering vir die tradisies en erfenis wat hul identiteit identifiseer. Daardie gemeenskap bestaan uit my en jou, en word hier gevind,” – dr. Dirk Hermann, Bestuurshoof van Solidariteit. 

Die Solidariteit Onderwysernetwerk is ʼn gemeenskap van onderwysers wat saamstaan, mekaar beskerm en bemagtig, én wat aan die toekoms bou. Die onderwysernetwerk takel onderwysaangeleenthede wat Afrikaanse onderwysers raak, insluitende diensvoorwaardes, die behoud van beheerliggaamposte en die verlening van arbeidsregsadvies en bystand. Lees hier meer oor die Solidariteit Onderwysernetwerk. 

As onderwyser is jy ʼn voorbeeld vir die volgende generasie (ons kinders), en dit is ons taak om jou te ondersteun sodat jy jou roeping kan vervul. Onderwysers vervul ʼn onvervangbare rol in die gemeenskap en is tot ʼn groot mate verantwoordelik vir die vorming van ons jong generasie se fondasie. Om ʼn onderwyser te wees beteken nie net om elke dag by die werk op te daag nie, maar dit verg ook passie, omgee, geduld en vasberadenheid.

Onderwysers bevind hulle dikwels in die ondankbare posisie waar van die ouers jou grootste kritici is en die Departement van Onderwys nie noodwendig altyd vir jou opkom nie. Jy moet positiwiteit bring na ʼn omgewing wat polities gelaai is en ekonomiese uitdagings inhou, en nie almal is altyd ewe gewillig om hulp aan te bied nie.

Die Solidariteit Onderwysernetwerk verstaan hierdie uitdagings en het spesifieke voordele en opleidingsgeleenthede ontwikkel om jou in jou dagtaak te ondersteun. Klik hier om meer te lees oor die voordele wat jy as onderwyser kan ontgin.

Solidariteit het ʼn Afrikaanse ruimte in die digitale landskap geskep waar die positiewe krag van ʼn gunstige werksomgewing en netwerk ten volle benut word. Solidariteit erken en is deeglik bewus van die uitdagings wat die gemeenskap in die verlede deurstaan het. Deur toegang tot digitale bronne en geleenthede beskikbaar te stel, is ons vas oortuig daarvan dat ons ʼn positiewe bydrae tot die opbou van ʼn beter toekoms vir die gemeenskap kan lewer.

As jy as onderwyser na sukses en ontwikkeling in jou loopbaan strewe, sluit vandag nog by die Solidariteit Onderwysernetwerk aan. Hier wag geleenthede en ondersteuning op jou wat jou loopbaan tot nuwe hoogtes sal voer. Ontdek jou Afrikaanse werkgemeenskap en #RaakTuis by Solidariteit se onderwysernetwerk. Solidariteit versterk onderwysers se hande! Klik hier om vandag nog deel van jou aanlyn beroepstuiste te raak.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel