loading
Mediaverklarings
21 uur gelede
solidariteit-oor-tariewe-stel-nou-taakspan-aan-of-kwartmiljoen-kan-werk-verloor

Foto Krediet: Solidariteit

Solidariteit oor tariewe: Stel nóú taakspan aan, of kwartmiljoen kan werk verloor

Solidariteit is bereid om sélf deel te wees van ʼn Suid-Afrikaanse taakspan wat dringend sal kan intree om ʼn handelsooreenkoms met die VSA te beredder voor die tarief van 30% op Suid-Afrikaanse produkte wat na die VSA uitgevoer word vanaf 1 Augustus sal geld.

In ʼn skrywe aan die minister van handel, nywerheid en mededinging, Parks Tau, stel Solidariteit voor dat ʼn taakspan bestaande uit belangegroepe buite die politiek dringend aangestel moet word.

Net meer as twee weke bly oor voor die VSA die invoertarief op Suid-Afrika instel ná maande waartydens politici in die regering van pres. Ramaphosa met kritieke onderhandelinge misluk het.

Tensy daar ʼn dringende ingryping kom, gaan Suid-Afrika ʼn duur prys in veral die landbou- en voertuigvervaardigingsektore betaal.

Solidariteit sê tot 275 000 Suid-Afrikaners kan hul werk verloor tensy daar nou met wysheid en dringendheid opgetree word.

Lees dr. Dirk Hermann se brief aan minister Tau hier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel