loading
Artikels
7 uur gelede
solidariteit-resolusie-verskerping-van-stryd-teen-rassewette

Foto Krediet: Solidariteit

Solidariteit-resolusie: Verskerping van stryd teen rassewette

Solidariteit se hoofraad het ’n resolusie aanvaar om met ’n omvattende veldtog teen Suid-Afrika se heersende rassebedeling te begin noudat die euwels daarvan internasionaal ontbloot word. Lees Solidariteit se standpunt oor die rassewette hieronder.


Solidariteit se hoofraad het ’n resolusie aanvaar om met ’n omvattende veldtog teen Suid-Afrika se heersende rassebedeling te begin noudat die euwels daarvan internasionaal ontbloot word.

Met hierdie veldtog sal die stryd teen diskriminerende rassewette en -beleid as ʼn saak van dringendheid verskerp word. Daar gaan ook van die Suid-Afrikaanse regering geëis word om voor die aanvang van die G20-beraad, waar internasionale leiers later vanjaar in Suid-Afrika byeenkom, aan te dui hoe en wanneer rassewette beëindig gaan word.
Hierdie resolusie kom as ’n regstreekse gevolg van die druk wat die Amerikaanse president Donald Trump met sy uitvoerende bevel op die SA-regering geplaas het.

Solidariteit verwelkom hierdie druk. 

Onder die aksies wat as deel van die veldtog gevoer gaan word, is:

 •   ’n versoek aan pres. Trump om voort te gaan met druk tot die rassewette verwyder is;
•    voortdurende skakeling met G20-lande; en
•    regsaksies teen rasprogramme soos die beplande R100 miljard-rasfonds. 

Volgens die resolusie gaan Solidariteit toegewyd voort om plaaslik en internasionale druk toe te pas en aan te moedig. 

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, behoort hierdie stappe die ANC beslis nie te verbaas nie.
“Hulle moenie geskok wees as hulle rassebeleid internasionale druk en veroordeling tot gevolg het nie, want dit is verkeerd en dáárom word dit veroordeel. Suid-Afrikaanse werkers verdien wesenlike en volhoubare groei wat 30 jaar lank deur rassewette belemmer is en ekonomiese stagnasie tot gevolg gehad het, wat ons almal in die land armer gemaak het.
“Daarom doen ons ’n beroep op lede en ondersteuners om saam op te staan teen rasmalheid. Ons boodskap is dat dit nooit as normaal aanvaar mag word nie,” sê Hermann.

Sien die resolusie van Solidariteit se hoofraad hier.

Solidariteit se stryd teen die rasbedeling is welbekend en word deur verskeie sake in veral die werkplek gekenmerk.
Klik hier om ʼn lys van bekende sake oor rassediskriminasie wat Solidariteit oor die afgelope paar jaar aangevat het, te besigtig.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel