loading
avatar
Artikels
4 maande gelede
solidariteit-se-leer-aanbod-is-jou-geheime-wapen

Foto Krediet: Okay Deer

Solidariteit se Leer-aanbod is jou geheime wapen

Deur Kyla-Ann du Toit

Die wêreld verander blitsvinnig en jy moet kan byhou! Gelukkig maak Solidariteit se wêreldklas-leerplatform dit vir jou maklik deur vir jou toegang te gee tot nagenoeg 150 aanlyn kursusse. As jy in jou beroep wil groei, verbeter en uitstaan, is dit nóú die tyd om nuwe vaardighede aan te leer en jou kennis te verbreed.

Solidariteit se aanbod vir voortgesette leer help jou om jouself voor te berei vir die toekoms. Of jy nou jou loopbaanrigting wil verander, in jou huidige werk wil uitblink of net iets nuuts wil aanleer, Solidariteit is jou geheime wapen om dit maklik en vinnig reg te kry.

ʼn Wêreld van leer

Bly op die voorpunt van jou loopbaan met hoëgehalte-opleidingskursusse wat pasgemaak is vir jóú beroep. Al die kursusse is prakties, relevant en ontwerp om jou op jou loopbaanpad te ondersteun. Danksy ʼn verskeidenheid kursusse kan jy presies leer wat jou loopbaan vereis – op jou eie tyd.

Dit is maklik, gerieflik en ʼn uitstekende manier om betekenisvol in jouself en jou loopbaan te belê. En die beste nuus: as jy ʼn lid van Solidariteit is, is dit alles heeltemal gratis!

Jou geheime wapen vir sukses

Dalk is jy op soek na iets prakties, dalk iets kreatief of iets om jou professioneel te versterk. Solidariteit gee vir jou die geleentheid om dit reg te kry. Elke kursus help jou om nader aan jou persoonlike én professionele doelwitte te beweeg.

Werkgewers soek mense wat wíl leer, wat beter wíl wees en wat wíl groei. En dít is presies wat Solidariteit se aanlyn leerplatform jou bied. Elke nuwe vaardigheid, hoe klein ook al, tel in jou guns. Dit wys dat jy gemotiveerd, doelgerig en gereed is vir groei. Deur vandag reeds in jouself te belê, bou jy aan vertroue – in jouself én in jou CV.

Jy hoef ook nie álleen te leer nie! Op Solidariteit-aanlyn kan jy plasings maak, skakels deel en met ander mense in jou netwerk gesels en só nie net uit kursusse leer nie, maar ook uit die ervaring en insigte van ander in jou netwerk.

Begin vandag leer vir sukses

As jy nog nie ʼn lid van Solidariteit is nie, kan jy steeds ʼn profiel registreer en toegang kry tot die kursusse teen bekostigbare pryse. Dit is jou geleentheid om te begin leer, groei en jouself reg te posisioneer vir sukses.

Dit is selfs nou nog makliker om hierdie kursusse te voltooi en jou vaardighede op te skerp. Danksy Solidariteit se app kan jy nou maklik en vinnig toegang tot jou kursusse kry en sommer op enige tyd en plek dit voltooi. Laai die app gratis af op die Google Play Store of App Store.

Of jy net een kursus aanpak of besluit om ʼn hele lys vaardighede op te knap, elke tree vorentoe tel. Klik hier om vandag nog jou gratis profiel te registreer en word ʼn uitblinker met nuwe vaardighede en kennis danksy Solidariteit!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel