Afrikaans

English

loading
avatar
Mediaverklarings
7 uur gelede
solidariteit-se-ngv-stryd-begin-opnuut-na-teleurstellende-uitspraak

Fotokrediet: Solidariteit

Solidariteit se NGV-stryd begin opnuut na teleurstellende uitspraak

Solidariteit is teleurgesteld in die Konstitusionele Hof se beslissing teen die Board of Healthcare Funders (BHF) en die Wes-Kaapse regering se onderskeie regsaksies teen die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV). Ons is egter steeds vol moed dat ons litigasie uiteindelik suksesvol kan wees.

“Dit sou goed wees om die NGV-sage nou al te kon eindig, maar ongelukkig sal ons langer moet wag vir ʼn oorwinning. Ek is steeds oortuig dat die NGV nooit in Suid-Afrika sal realiseer nie. Dit bly onbekostigbaar, onuitvoerbaar en onredelik. Ons sal dit ook so in die hof bewys,” sê Theuns du Buisson, ekonomiese navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI).

Solidariteit se hofsaak teen hierdie wetgewing berus op grondwetlike beginsels, anders as die prosedurele sake wat pas deur die Konstitusionele Hof van die hand gewys is. “Die kern van die saak bly dat jy nie sommiges se toegang tot gesondheidsorg kan verminder om kamma-toegang aan almal te gee nie.”

Te midde van die stryd teen die NGV is dit ook nodig om aandag te gee aan huidige probleme in beide die openbare en privaat stelsels. Solidariteit beywer hom daarom ook vir die aanvaarding van sy Healthcare Funding Reform Bill, wat tans voor die parlement is vir oorweging.

Ons hoop dat oplossings binnekort gebied sal word. NGV is nie die oplossing nie en sal beslis nog verwerp word. Intussen moet werkbare alternatiewe aanvaar word.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-aanlyn.
Skep vandag nog jou profiel