
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Solidariteit se Onderwysernetwerk versterk onderwysers
Deur Maryna Eksteen
Die hart van Solidariteit is en was nog altyd werk. Die Afrikanerkultuurgemeenskap ervaar unieke uitdagings in die werkplek en daarom wy Solidariteit hom daaraan om jou te help om suksesvol in jou beroep te wees. Solidariteit bied ʼn geskikte, betroubare oplossing vir die uitdagings wat jy in die beroep kan ervaar.
Danksy Solidariteit se aanlyn werksgemeenskap kan onderwysers saamstaan om die beroep te beskerm en dit is ʼn plek waar hulle kan netwerk en idees uitruil. Danksy voortgesette leer kan hulle aan die voorpunt van verandering bly en hulleself bemagtig om bo hulle mededingers uit te staan. Die geleenthede is eindeloos.
Solidariteit se Onderwysernetwerk is ʼn tuiste vir onderwysers waar onderwysers se regte binne die onderwyssektor beskerm word. Solidariteit se Onderwysernetwerk takel onderwysaangeleenthede wat Afrikaanse onderwysers raak, insluitende diensvoorwaardes, behoud van beheerliggaamposte en die verlening van arbeidsregtelike advies en bystand. Solidariteit se Onderwysernetwerk het ten doel om ʼn beroepsgemeenskap vir onderwysers in Afrikaanse skole te skep waardeur die beroep beskerm en bevorder kan word. Lees hier meer oor die Onderwysernetwerk.
Solidariteit bied gratis werkfasilitering in Afrikaans wat daarop gemik is om werkgewers en werksoekers met mekaar in verbinding te bring – dit is selfs nóg makliker met Solidariteit se groepe. Klik hier om meer oor groepe te lees. Solidariteit tree nie op as ʼn plasingsmaatskappy nie, maar fasiliteer eerder die proses om werkgewers en werksoekers met mekaar in verbinding te bring. Deur hierdie belangrike rol te vervul, dra Solidariteit by tot die skepping van gemeenskappe waarin individue vry, veilig en voorspoedig kan wees. Klik hier om meer te lees oor werkfasilitering.
Hierdie funksie maak dit vir Solidariteit moontlik om lede van ons gemeenskap te help om betekenisvolle werk te vind wat ʼn gevoel van sekuriteit en erkenning bied. Hiér kan onderwysers deel wees van ʼn gemeenskap waar hulle mekaar kan ondersteun en jong onderwysers kan help om ʼn sukses van hul loopbane te maak.
“Elkeen wat wil werk moet kan werk, maar des te meer, elkeen moet góéd kan werk en nog meer as dit hulle volle potensiaal bereik.” – dr. Dirk Herman, bestuurshoof van Solidariteit.
Klik hier om jou Afrikaanse aanlyn werksgemeenskap te ontdek en #RaakTuis op Solidariteit. Om ʼn lid van Solidariteit te wees, beteken om deel te wees van ʼn Netwerk van Werk wat saam bou aan Suid-Afrika se toekoms.