
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Solidariteit se Studeerkamer bied insig in hoe ʼn CV in 2025 moet lyk
Deur Marné Pienaar
Eerste indrukke is blywend. Daarom is dit van kardinale belang dat jou CV die regte prentjie van jóú moet skep. ʼn CV lyk vandag egter veel anders as wat dit in die verlede gelyk het.
Solidariteit glo dat elkeen wat wil werk, moet kan werk, en daarom bemagtig ons jou met die nodige kennis en vaardighede om in die werksmag te kan floreer. ʼn Omvattende CV-gids is een van die wyses waarop Solidariteit jou bemagtig, en dit is gratis op die Studeerkamer beskikbaar.
Wat is die Studeerkamer?
Die Studeerkamer is ʼn digitale biblioteek gevul met ʼn skatkis van nuttige hulpbronne soos gidse, template, video’s en vele meer! Hierdie bronne is gratis op die Studeerkamer beskikbaar en kan vir jou insig in verskeie fasette van jou lewe en loopbaan bied.
Wat bied die CV-gids?
Die CV-gids is ʼn praktiese handleiding oor hoe jou CV opgestel moet word, die inligting wat jy moet insluit en hoe om jouself te posisioneer om jou droomwerk los te slaan.
Hoe kan jy toegang kry tot die CV-gids?
Klik hier en kry gatis toegang Solidariteit se omvattende CV-gids!
Sit jou beste voetjie voor met ʼn CV wat nie net jou ervaring doeltreffend uiteensit nie, maar wat ook reg uitgelê is en aan die standaarde van vandag se moderne era voldoen. Danksy Solidariteit is jou droomwerk binne jou bereik.