loading
Artikels
1 dag gelede
solidariteit-se-studente-aanbod-n-belegging-in-jou-kind-se-toekoms

Foto Krediet: OkayDeer

Solidariteit se Studente-aanbod: ʼn Belegging in jou kind se toekoms

Solidariteit se Studente-aanbod is ʼn omvattende pakket wat jou kind vir beide hul studies én die lewe ná universiteit toerus. Van mentorskap- en netwerkgeleenthede tot praktiese kursusse en finansiële hulp – Solidariteit help jou kind om hul studentejare en loopbaanpad met selfvertroue aan te pak. Lees meer oor hoe Solidariteit se Studente-aanbod jou kind se akademiese sukses én hul loopbaanontwikkeling sal verseker.


Deur Kyla-Ann du Toit

As ʼn ouer is dit natuurlik jou grootste wens dat jou kind suksesvol in hul studies moet wees en goed toegerus vir die werklike wêreld ná universiteit sal wees. Die universiteitslewe bied egter sy eie uitdagings – akademies, emosioneel én finansieel. Dit is juis hier waar Solidariteit se Studente-aanbod onskatbare ondersteuning aan jou en jou studentekind bied. Dit ondersteun jou kind in elke stadium van hul studiereis en loopbaanontwikkeling.

ʼn Volledige ondersteuningsraamwerk

Solidariteit se Studente-aanbod is ontwerp om meer as net akademiese ondersteuning te bied – dit bou karakter, ontwikkel vaardighede en verbeter selfvertroue. Studente kry toegang tot ʼn omvattende reeks hulpbronne, insluitend studiegidse, eksamenhulp en aanlyn kursusse wat fokus op praktiese vaardighede vir die werkplek. Dit wissel van die Finansies- en Regsnetwerk se slypskole tot kursusse oor kantoor- en telefoonetiket. Solidariteit beskou leer nie bloot as ʼn akademiese aktiwiteit nie, maar as ʼn noodsaaklike deel van die oorgang na die volwasse lewe.

Loer na Solidariteit se Studeerkamer vir al die waardevolle gidse wat jou kind kan aflaai.

Loopbaanontwikkeling vanaf dag een

Terwyl baie jong gegradueerdes sukkel om hul voete in die arbeidsmark te vind, begin Solidariteit reeds tydens die studentejare om hulle daarop voor te berei, deur hulp met die skryf van CV’s, onderhoudvoorbereiding en toegang tot skaduwerkgeleenthede te bied. Solidariteit bied ook netwerkgeleenthede aan, soos die Student tot Meester-netwerkgeleentheid waar studente ervare beroepsmense kan ontmoet en met hulle kan skakel – ʼn noodsaaklike stap om deure na loopbaangeleenthede oop te maak. Die beste van alles is dat hierdie hulpbronne en geleenthede alles heeltemal gratis is!

Lees hier meer oor hoe Solidariteit se Studente-aanbod jou kind se sleutel tot ʼn suksesvolle studentelewe is.

Mentorskap en gemeenskap

Een van die vele waardevolle geleenthede wat Solidariteit se Studente-aanbod bied is die mentorskapprogram, wat studente met kundiges in hul gekose beroepsrigting verbind. Hierdie mentors bied eerstehandse insig tot die beroepe en help jou kind om te verstaan wat hul eendag in hul toekomstige beroep kan verwag.

Solidariteit bevorder ook ʼn gevoel van gemeenskap danksy die #Studentelewe-groep, ʼn aanlyn tuiste waar jou kind met kennis en geleenthede bemagtig word om hul avontuur as student met mag en mening aan te pak terwyl hulle vir hul toekoms voorberei. 

Finansiële ondersteuning vir ouers

Solidariteit verstaan die beduidende finansiële las wat tersiêre onderrig op gesinne kan plaas. Daarom bied Solidariteit toegang tot studiebeurse en -lenings, wat studente help om op hul studies te fokus eerder as om gedurig oor finansies te bekommer. Lees hier hoe dit werk.

ʼn Belegging in meer as net ʼn naskoolse kwalifikasie

Wanneer jy jou kind aanmoedig om voordeel te trek uit Solidariteit se Studente-aanbod, help jy om die grondslag vir ʼn suksesvolle, selfstandige en gebalanseerde volwassene te lê. Dit is nie net ʼn belegging in akademiese sukses nie, maar op ʼn toekoms wat werklik vry, veilig en voorspoedig is.

Moedig jou kind aan om sommer vandag nog ʼn gratis profiel op Solidariteit te skep – en gee hulle toegang tot ʼn wêreld van moontlikhede!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel