loading
Artikels
17 uur gelede
solidariteit-se-studentelewe-groep-bou-saam-aan-jou-toekoms

Foto Krediet: OkayDeer

Solidariteit se Studentelewe-groep: Bou saam aan jou toekoms

Die universiteitslewe gaan oor meer as net klasloop en eksamen – dit is die begin van jou pad na volwassenheid en ʼn suksesvolle loopbaan. Solidariteit se Studentelewe-groep bied jou ʼn unieke, gemeenskap waar jy ondersteuning, mentorskap en netwerkgeleenthede kry om jou volle potensiaal te bereik – alles in Afrikaans! Lees hier meer om uit te vind hoe jy vandag nog by hierdie groep kan inskakel en die voordele van die groep kan benut.


Deur Kyla-Ann du Toit

Klasloop. Eksamen. ʼn Sosiale lewe. Geld. Om student te wees is nie altyd so eenvoudig soos wat ʼn mens dink nie. Dit gaan nie net daaroor om klas te loop en eksamen te skryf nie. Dit is die begin van jou reis na volwassenheid, onafhanklikheid en uiteindelik, jou loopbaan. Dit is ʼn tyd waartydens jy jou plek in die wêreld begin soek. Daarom benodig jy ʼn gemeenskap wat jou ondersteun en jou help om jou studentejare sowel as jou toekomstige loopbaan met selfvertroue aan te pak.

Dít is presies wat Solidariteit se Studentelewe-groep vir jou bied. In ʼn wêreld waar alles teen ʼn vinnige pas verloop en die druk van alle kante af kom, is dit maklik om verlore of soos net nóg ʼn nommer op kampus te voel. Danksy Solidariteit is jy egter nooit alleen nie. Solidariteit se Studente-aanbod is ontwerp om jou te help om #JouStem te vind, #JouStudie te bemeester en jou vir #JouWerk voor te berei – alles binne ʼn ondersteunende studentegemeenskap en dít in Afrikaans!

Hoekom behoort jy by die Studentelewe-groep aan te sluit?

Die Studentelewe-groep is ʼn aanlyn gemeenskap waar jy mense ontmoet wat verstaan waardeur jy gaan – mense wat dieselfde vrae vra, soortgelyke drome koester en wat saam met jou wil groei.

Hier is wat jy van hierdie groep kan verwag:

  • Ondersteuning tydens jou studie: Danksy toegang tot die Studeerkamer kry jy eksamenbeplanners, studiehulpbronne en wenke om jou akademiese sukses te verseker. Dit is jou gereedskapskissie om #JouStudie te bemeester.
  • Mentorskap en loopbaanvoorbereiding: Jy hoef nie tot ná jou studie te wag om jou eerste tree in die werkplek te gee nie. Ons help jou om nou al jou wenner-CV op te stel, voorbereiding vir onderhoude te doen en selfs skaduwerk te kry. Jy begin reeds bou aan #JouWerk.
  • Vind jou stem: Deur gesprekke, projekte en betrokkenheid by ʼn studentegemeenskap leer jy om jouself uit te druk, jou waardes duidelik te kommunikeer en selfvertroue op te bou. Só vind jy #JouStem.
  • Netwerkgeleenthede: Of dit nou deur ʼn Student tot Meester-geleentheid of informele netwerkgeleenthede saam met ander studente is – jy bou lewenslange vriendskappe en netwerke, jy leer by kenners in jou toekomstige beroepsveld en jy verseker reeds ʼn suksesvolle loopbaanpad.

En die beste deel? Dit is álles in Afrikaans. Jy kan jouself wees, sonder moeite kommunikeer en deel wees van ʼn kultuur wat jou werklik verstaan. Dit is jóú aanlyn tuiste!

Hoe en waar begin jy?

Dit is maklik! Jy registreer jou gratis profiel op Solidariteit se platform, sluit aan by die Studentelewe-groep en begin deelneem. Dit neem letterlik slegs ʼn paar minute om jou hele studentelewe – en selfs jou loopbaan – tot jou beste voordeel te verander.

Moenie net probeer “uitfigure” hoe om ʼn student én ʼn toekomstige werkende te wees nie. Registreer vandag nog jou Solidariteit-profiel en bou saam aan jou suksesvolle toekoms – met selfvertroue, in Afrikaans en saam met lewenslange vriende.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel