loading
Artikels
6 maande gelede
solidariteit-stel-aanlyn-platform-vir-opleiding-en-werk-bekend

Foto Krediet: Solidariteit

Solidariteit, jou tuiste vir opleiding en werk

Solidariteit het die digitale deure na die toekoms wawyd oop geswaai met sy splinternuwe Afrikaanse aanlyn platform wat in September 2023 bekend gestel is. Solidariteit is jou tuiste vir opleiding en werk!

Die aanlyn platform is daargestel vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap in Suid-Afrika.

Solidariteit stel werknemers in staat om vir talle beskikbare poste aansoek te doen en help só werkgewers om die geskikte kandidaat te kry. Hierdie werkfasiliteringsplatform is gratis beskikbaar. Daar is tans meer as 80 000 gebruikers op hierdie platform en meer as 2 300 werkgewers wat op soek is na geskikte kandidate om by hulle spanne te voeg.

Om werk te soek op hierdie platform is ’n gratis diens, want Solidariteit glo dat elkeen wat wil werk, moet kan werk. Solidariteit-lidmaatskap is egter die sleutel om jou voortaan in die middel van hierdie aanlyn arena plaas – en beslis nie nét as toeskouer nie.

Bestaande én nuwe Solidariteit-lidmaatskap word van nou af ʼn sleutel tot hierdie digitale bymekaarkomplek. By die bymekaarkomplek word leerders, onderwysers, studente of werksoekers, werknemers en werkgewers almal in een fynbeplande netwerk saamgebind.

Selfs nielede kan gratis profiele skep om deur die venster te loer om te sien hoe die volledige aanbod van lidmaatskap lyk.

Deur hierdie aanlyn gemeenskap word geleenthede ontsluit en mense in staat gestel om mekáár te help en te ondersteun.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, kan Afrikaanse gemeenskappe danksy hierdie soort innovasie die juk afskud van die regering wat hulle al vir so lank toegang tot werk ontsê en hulle probeer onderdruk.

“Dit is ʼn veeldoelige, moderne platform wat eenvoudig onder die naam ‘Solidariteit’ bekend staan. Dit is egter veel, veel meer as dit, en is ʼn bevrydende bewys daarvan dat ons nie van die regering afhanklik is om te kan werk nie,” sê Hermann.

Hermann sê dit kan ook beskou word as ʼn tydige teenvoeter wat intree juis wanneer die regering mense, en spesifiek Afrikanermense, wil uitskop.

“Ons gaan beslis nie deur die regering van werk weerhou word nie. In hierdie nuutgeskepte digitale gemeenskap verseker ons dat almal wat wíl werk, die geleentheid kry om te kán werk.

“Ons wil só toesien dat almal hulle volle potensiaal bereik. Dit is ons doelwit,” sê Hermann.

Die totstandkoming van die aanlyn netwerk is die gevolg van jare se visualisering, beplanning en bou.

Lede gaan nou individuele profiele op Solidariteit kan skep waar slimtegnologie gebruik word om verpersoonlikte oplossings vir elkeen te vind – of jy wil leer, studeer, werk of werf.

Vanaf die besoekersportaal op www.solidariteit.co.za kan verskeie deure oopgemaak word:

  • Leerders: Hulp aan hoërskoolleerders in die vorm van omvattende e-leerkursusse vir elke graad, toegang tot ʼn omvangryke vakkeuse-videoportaal en verskeie loopbaanvoorligting-hulpmiddels.
  • Studente: Geleenthede vir skaduwerk en internskappe, sowel as inligting oor, en skakels na opleidingsinstellings as vennote – Akademia, Sol-Tech, Bo-Karoo Opleiding en die opleidingsinstituut onder Solidariteit Helpende Hand.
  • Skoliere: Solidariteit stap die volledige loopbaan saam met jou en bemagtig jou kinders reeds op skoolvlak met die nodige toerusting om in die werkplek sukses te behaal.
  • Voortgesette leer: Die wêreld se grootste aanlyn aanbod van Afrikaanse leerkursusse vir voortgesette leer wat tot werknemers se beskikking is.
  • Werksfasilitering: Toegang tot ʼn werksoekportaal van wêreldgehalte waar mense werk kan soek wat wissel van voltydse tot tydelike werk of internskappe. Organisasies kan ook poste hier gratis adverteer.
  • Beroepsnetwerke: Toegang tot beroepspesifieke groepe waar werkgewers en werknemers gesprek voer oor geleenthede, oor die beroep sélf, en oor die organisering en beskerming daarvan.
  • Werksbeskerming: Solidariteit bied nou selfs vinniger toegang tot persoonlike beskerming van werk en inkomste, en tot relevante regsdienste. Lede met hangende sake sal binnekort ook die vordering wat met hulle sake gemaak word, op die platform kan dophou en sal weet wanneer die saak afgehandel is.

Solidariteit is immers lankal nie meer nét ʼn vakbond nie, Solidariteit is méér as net ’n vakbond.

Lede gaan kan werk soek óf werk aanbied, of vaardighede kan uitbrei of ontwikkel. Ook is Solidariteit ʼn betroubare en veilige tuiste vir beroepsgemeenskappe deur aan te sluit by jou beroepsnetwerke – wat as ʼn persoonlike waghond vir jou beroep optree, in die hartjie van hierdie aanlyn gemeenskap.

Klik hier om jou gratis profiel te skep en sluit aan by hierdie dinamiese Afrikaanse aanlyn gemeenskap waar jy kan leer en floreer!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel