Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
Solidariteit verhaal meer as R78 miljoen vir lede in 2024
Deur Heléne Mocke
Eise wat gesamentlik meer as R78 miljoen beloop is vanjaar danksy Solidariteit namens lede verhaal.
Die sake wat hanteer is wissel van geskille oor afdankings en salarisse tot bevorderingsgeleenthede wat lede ontsê is. Solidariteit het in verskeie gevalle ingespring om lede te help wat afgedank is sonder dat regverdige prosedures gevolg is, of in gevalle waar werknemers onderbetaal is.
Alhoewel Solidariteit oor die jare heen as ‘n reël op hierdie manier vir sy lede ingetree, was die afgelope jaar veral lonend met suksesvolle eise in groot geskille en waarby groot bedrae betrokke was .
Volgens Solidariteit is hierdie groot oorwinning moontlik gemaak danksy die toewyding van sy regspan wat kennis en ervaring van die uitdagings waarmee sy lede in die werkplek te doen kry.
“Ons doel is om ʼn regverdige werkplek vir ons lede te skep en hulle teen onreg by te staan. Hierdie lede sal kan getuig hoe belangrik sulke verteenwoordiging in die werkplek is. Ons is tevrede met die uitkomste van talle sake waar ons lede vanjaar hulp benodig het” sê Anton van der Bijl, adjunkbestuurshoof van Solidariteit.
Onder die groot sake wat Solidariteit in 2024 hanteer het, was die geval van BMW se werknemers wie se werksvoordele skielik dramaties verander is. Hierdie gewysigde voordele sou werknemers meteens ernstig benadeel. Solidariteit het namens sy lede by BMW ingetree en het gesamentlik oor die R4 miljoen vir lede teruggekry. Lees meer hier.
Verder was daar verskeie sake teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) wat Solidariteit namens sy lede in die polisie aanhangig gemaak het. In sommige gevalle was dit weens onbillike arbeidspraktyk en andersins het dit metbevorderingsgeleenthede wat nie deurgevoer is nie of onregmatige salarisvermindering te make gehad. Lees meer hier oor van die sake.
Rassediskriminasie in die werkplek bly ʼn groot twispunt wat werknemers mee moet rekening hou. Solidariteit het in 2024 ook ʼn paar sake van valse rassisme-aantygings in die werkplek namens lede hanteer. Lees meer hier oor die mees onlangse saak wat Solidariteit hanteer het.
Deur hierdie ondersteuning, maar ook die geldelike eise wat namens sy lede uitbetaal is, wys Solidariteit watter waarde Solidariteit-lidmaatskap aan lede bied.
Hierdie groot bedrae wat deur suksesvolle eise uitbetaal is, en die oorwinnings in sake by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) en in die arbeidshof is ʼn bewys van Solidariteit se toewyding om sy lede teen sulke onregverdige arbeidspraktyke te beskerm en om te alle tye regverdigheid in die werkplek te verseker.
Sluit vandag hier aan en kry gratis arbeidsregsadvies.