Foto Krediet: ChatGPT
Gekopieër
Solidariteit verwelkom Reserwebank se rentekoers-besluit
Solidariteit het die Reserwebank se besluit om die rentekoers onveranderd te laat verwelkom.
“Ek is aangenaam verras deur die Reserwebank se goeie oordeel hiermee. Hulle is gewoonlik oormatig konserwatief,” sê Theuns du Buisson, ekonomiese navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI).
“Hierdie keer het hulle die nodige omsigtigheid aan die dag gelê om te besef dat die huidige styging in inflasie min met monetêre beleid te doen het en daarom nie deur veranderinge in monetêre beleid reggestel kan word nie.”
Volgens hom toon die mees onlangse VPI-publikasie dat die meeste items in die VPI-mandjie steeds naby die Reserwebank se inflasieteiken is.
Hy het bygevoeg dat die huidige hoër opwaartse neiging in inflasie waarskynlik sal afneem sodra brandstofpryse weer daal.
Dit is dus vir Solidariteit en sy lede bemoedigend dat die rentekoers nie verhoog is nie.