loading
Artikels
1 jaar gelede
solidariteit-wens-jou-n-geseende-kersfees-toe

Foto Krediet: Rodion Kutsaiev - Unsplash

Solidariteit wens jou ’n geseënde Kersfees toe

“Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.” (Jes. 9: 5 – 6)

Kersfees is die mooiste tyd van die jaar. Nie net vier ons die geboorte van ons verlosser Jesus Christus nie, maar ons spandeer ook tyd saam met die mense vir wie ons lief is. Ons deel in die samesyn en skep herinneringe wat vir ewig in ons harte sal bly. 

Solidariteit wens jou ʼn geseënde Kersfees toe. Mag die feesseisoen gevul wees met liefde, lag en baie geluk. Mag ons altyd vashou aan ons Verlosser en onthou waaroor die seisoen gaan. Hy is vir ons die weg en die waarheid.

Geniet die feesseisoen.  

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel