loading
avatar
Artikels
8 uur gelede
soos-chatgpt-maar-veiliger-skakel-oor-na-n-beskermde-ki-ervaring

Foto Krediet: OkayDeer

Soos ChatGPT – maar veiliger: Skakel oor na ʼn beskermde KI-ervaring

Leré Nel

Kunsmatige intelligensie (KI) soos ChatGPT raak toenemend deel van ons alledaagse lewe. Dit help ons met alles – skooltake, werkprojekte, toesprake, resepte en enige ander vinnige vrae wat deur die dag ontstaan. KI maak take vinniger en makliker. Ons geniet egter dikwels hierdie gerief so baie dat ons ʼn belangrike vraag oor die hoof sien: Is dit veilig?

Openbare KI-platforms stoor alle data wat vir dit gevoer word. Die persoonlike gesprekke wat jy met ChatGPT voer, word gebruik om die platform verder op te lei. Daar is dikwels geen streng filters op openbare KI-platforms nie, en onvanpaste of selfs gevaarlike inhoud kan soms deurglip. Dit beteken dat jou persoonlike inligting dalk meer in gedrang is as wat jy dink – én dat jou kinders waarskynlik ook aan onvanpaste of selfs skadelike inhoud blootgestel kan word.

Die risiko’s van openbare KI

Wanneer jy ʼn openbare KI-platform gebruik, ontstaan die volgende risiko’s:

  • Jou persoonlike data kan gestoor of hergebruik word
  • Jou privaatheid kan in gedrang kom, wat die risiko vir identiteitsdiefstal verhoog
  • Jou kinders kan blootgestel word aan onvanpaste of skadelike inhoud, of aan inhoud wat nie ouderdomsgeskik is nie

Dit is nie noodwendig iets wat jy dadelik opmerk nie – dit gebeur agter die skerms.

Jy dink dalk dit is nie moontlik om jou brood aan albei kante gebotter te hê nie: om KI te gebruik én jou persoonlike inligting te beskerm nie.

Maar wat as daar ʼn veiliger alternatief is?

Solidariteit-aanlyn se GRATIS kletsbot

Jou gratis profiel op Solidariteit-aanlyn gee vir jou onmiddellike en onbeperkte toegang tot ʼn oplossing wat die voordele van KI met veiligheid en gemoedsrus kombineer.

Met Solidariteit-aanlyn se kletsbot kry jy:

  • ʼn veilige KI-platform wat jou data beskerm;
  • goed gefiltreerde inhoud, wat skadelike of onvanpaste inligting uitsluit;
  • ʼn platform wat veilig genoeg is vir kinders om te gebruik; én
  • slim, vinnige antwoorde in Afrikaans – sonder die risiko’s van openbare KI.

Met ander woorde, dit bied alles wat jy van ʼn gewone KI-platform verwag. Dit werk op dieselfde manier as ChatGPT – net baie veiliger!

Slim tegnologie, sonder die gevare

Solidariteit-aanlyn se kletsbot is ontwerp om jou te help leer, jou vrae te beantwoord en idees te help ontwikkel – altyd binne ʼn veilige raamwerk en in Afrikaans. Dit beteken jy hoef nie meer tussen gerief en veiligheid te kies nie.

Jy kan beide gemoedsrus en vinnige antwoorde hê – in Afrikaans!

Selfs al word tegnologie meer gevorderd, is dit belangrik dat jou beskerming bybly. Solidariteit-aanlyn se kletsbot gee jou beheer oor jou data, beskerming vir jou gesin én ʼn uiters handige KI-hulpmiddel.

Skep vandag nog jou gratis profiel op Solidariteit-aanlyn en ervaar self die verskil!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel