loading
Artikels
8 maande gelede
sosiale-media-kan-jou-werksoekpogings-kniehalter

Foto Krediet: OkayDeer

Sosiale media kan jou werksoekpogings kniehalter

Deur Nico Strydom

In die digitale era van werksoek is ʼn aanlyn teenwoordigheid van groot belang, maar kan dit ook ʼn tweesnydende swaard wees.

Nkosinathi Mahlangu, hoof van die jeug-indiensnemingsportefeulje by Momentum Metropolitan, sê sosiale media is ʼn waardevolle hulpmiddel om loopbaangeleenthede te ontdek en kan ook help om jou eie persoonlike en professionele handelsmerk te bou.

Personeelwerwers gebruik sosiale media om te kyk of aansoekers en kandidate op die verskillende platforms beskikbaar is en om agtergrondinligting oor hulle te kry. Daar word onder meer gekyk of kandidate hulself professioneel voordoen en hulle probeer daardeur bepaal of ʼn kandidaat ʼn goeie kulturele passing sal wees.

Volgens Mahlangu is daar talle voordele verbonde aan die gebruik van sosiale media in die werksoekproses. “Werksoekers kan onder meer kundiges of organisasies op sosiale media volg binne hul gewenste bedryf- of loopbaanrigting, wat geleenthede vir netwerk of betrokkenheid kan skep. Hulle kan werwingsgroepe volg waar vakatures gereeld geadverteer word, wat help om op hoogte te bly van werksgeleenthede. Sosiale media bied jou ook ʼn platform om jou professionele profiel te vestig. Dit is baie moeilik om jou vinger op die pols van die arbeidsmark te hou indien jy glad nie op sosiale media teenwoordig is of dit nie gebruik nie.”

Die verkeerde gebruik van sosiale media kan egter jou loopbaanvooruitsigte kelder. “Terwyl jy op skool of universiteit was, het jou sosialemedia-persoonlikheid dalk nie soveel saak gemaak nie, maar dit kan jou indiensneembaarheidsvooruitsigte ernstig belemmer wanneer jy begin werk soek. Wees versigtig om aanstootlike opmerkings of beelde te plaas wat ʼn negatiewe indruk kan skep of teen professionele waardes kan ingaan.”

Mahlangu waarsku ook dat daar nie iets soos ’n heeltemal private sosialemediaprofiel bestaan ​​nie. “Skermskote kan van plasings gemaak word en dan is dit beskikbaar vir die hele die wêreld om te sien. Dit geld ook vir opmerkings wat jy op ander plasings maak. Die reël is: as jy dit nie op ’n advertensiebord sal plaas nie, moet dit nie op sosiale media publiseer nie.”

Mahlangu sê dit is belangrik om sosiale media te benut om jou loopbaandoelwitte te bereik. “Gebruik sosiale media as jou openbare CV. Professionele platforms soos LinkedIn bied ʼn ideale geleentheid om jou vaardighede ten toon te stel. Verseker dat jy ʼn professionele foto op jou profiel gebruik, dat daar geen tikfoute is nie, en dat enige werkservaring of kwalifikasies prominent vertoon word. Gebruik platforms om jou talente ten toon te stel. Oorweeg die beskikbare platforms en hoe jy dit kan gebruik om jou talente ten toon te stel.”

Solidariteit se aanlyn platform bied ʼn oorvloed van geleenthede en ondersteuning vir jong werkendes. Solidariteit se Jongwerkende-aanbod bied aan lede eindelose voordele soos die bou van ʼn CV, toegang tot beroepsnetwerke en afslag by Akademia en Sol-Tech. Mentorskapprogramme word ook aanbied sodat ʼn jong mens gou sy of haar voete kan vind en raad kan kry by ʼn kenner in die veld.

Skep jou gratis profiel vandag nog en kry toegang tot ʼn magdom voordele met jou Solidariteit-lidmaatskap. Werk jou toekoms oop, want #JyHoortHier!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel