loading
Artikels
1 jaar gelede
stap-jou-loopbaanpad-saam-met-solidariteit

Foto Krediet: OkayDeer

Stap jou loopbaanpad saam met Solidariteit

Deur Nico Strydom

Solidariteit wil jongmense help om hul skoolloopbane suksesvol te voltooi, hulle werksgereed maak, hulle help om werk te kry en om in daardie werk te floreer.

Solidariteit bied oneindige geleenthede aan sy lede sodat hulle die voordele van jongs af kan ervaar. Van hulp met werksvoorbereiding en ʼn werksgemeenskap tot werksbeskerming – Solidariteit is die plek vir jou.

Waar begin ʼn mens? Watter pad moet jy stap? Waar moet jy begin voorberei vir ʼn toekoms gevul met onsekerheid en vrae? Solidariteit Jeug is gestig om jongmense met hierdie vrae te help.

Solidariteit se Skoliere-aanbod is daar om jou te help met vakkeuses, studiegeleenthede, hoe om jou CV op te stel, inligting oor verskillende beroepe, skaduwerk, psigometriese toetse en studielenings en -beurse.

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum se Wolkskool is ʼn aanlyn leerplatform vir gr. 1 – 12-leerders, met lesse in video-formaat, werkkaarte en aflaaibare werkboeke wat leerders in hul eie tyd, vanaf enige plek en teen hul eie pas aanvullend tot skoolonderrig kan deurwerk.

Solidariteit besef hoe noodsaaklik goeie opleiding in skaars vaardighede is en takel daarom hierdie knelpunte met sy opleidingsinstansies. Akademia is ʼn hoëronderwysinstelling uit die Afrikaanse gemeenskap vir die Afrikaanse gemeenskap. Akademia streef daarna om beide hoogstaande opleiding sowel as diepgaande opvoeding te bied. Sol-Tech is ʼn privaat tegniese opleidingskollege wat ʼn uitgebreide reeks kursusse in skaars vaardighede aanbied.

Deur Solidariteit se sentrum vir voortgesette opleiding en ontwikkeling kan jongmense opleidingsgeleenthede benut wat spesifieke voordele vir hul beroep en loopbaan inhou. Daar is kursusse om jou met jou loopbaanreis te help, en ook kursusse wat oor die belangrikheid van gedrag of etiket in die werkplek handel.

Solidariteit se Jongwerkende-lidmaatskap wil jou versterk om seker te maak dat jy jou loopbaandoelwitte verwesenlik en jy vir jouself ʼn toekoms kan bou. Die Jongwerkende-program gee vir jou hulpmiddels om die oorbrugging na ʼn suksesvolle loopbaan so maklik as moontlik te maak. Dit sluit onder meer in ʼn belangstellingbepaler, mentorskap, toegang tot en afslag op sekere programme, Arbeidsregbystand en ‘n vakansievoordeel.

Solidariteit is ook daar om met loopbaanvoorbereiding en plasing in werkplekke te help. Solidariteit se beroepsnetwerke help jongmense om hul gekose beroep te betree, en mentorskappe word ook aangebied. Die beroepsnetwerke is ook ʼn gemeenskap wat hom daarop toespits om spesifieke beroepe te beskerm en die waghond te wees wat brandpunte in ʼn beroep met werkbare oplossings takel.

Solidariteit is soveel meer as net ʼn gewone vakbond – dit het omvorm in ʼn netwerk van werk wat die volle loopbaanpad saam met sy lede stap.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel

loading
Soortgelyke artikels
similar article avatar
Wenke om kuberkraking te voorkom

Nuus
17 September 2024