loading
avatar
Artikels
3 jaar gelede
stap-jou-loopbaanpad-saam-met-solidariteit

Foto Krediet: OkayDeer

Jong mens, stap jou loopbaanpad saam met Solidariteit

Deur Nico Strydom

Solidariteit wil jong mense help om hul skoolloopbane suksesvol te voltooi, werkgereed te wees, werk te kry en uiteindelik in daardie werk te floreer.

Daarom bied Solidariteit ʼn wye reeks geleenthede vir jong mense. Van loopbaanvoorbereiding en ʼn werkgemeenskap tot werkbeskerming – Solidariteit is die plek vir jou.

Waar begin ʼn mens? Watter loopbaanpad moet jy stap? Hoe begin jy voorberei vir ʼn toekoms gevul met onsekerheid en vrae? Solidariteit se Skoliere-aanbod is juis ontwikkel om jong mense met hierdie vrae te help.

Dit ondersteun jou met onder meer vakkeuses, studiegeleenthede, die opstel van jou CV, inligting oor verskillende beroepe, skaduwerk, psigometriese toetse en toegang tot studielenings en -beurse.

Solidariteit werk ook nouliks saam met die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Wolkskool – ʼn aanlyn leerplatform vir gr. 1-12-leerders. Dit bied lesse in videoformaat, werkkaarte en aflaaibare werkboeke wat leerders aanvullend tot hul skoolonderrig, in hul eie tyd en teen hul eie pas, kan deurwerk.

Solidariteit besef hoe noodsaaklik goeie opleiding in skaars vaardighede is en spreek hierdie knelpunte aan deur sy opleidingsinstellings. Akademia is ʼn hoëronderwysinstelling uit die Afrikaanse gemeenskap, vir die Afrikaanse gemeenskap, en streef daarna om hoogstaande opleiding sowel as diepgaande opvoeding te bied. Sol-Tech is ʼn privaat tegniese opleidingskollege wat ʼn uitgebreide reeks kursusse in skaars vaardighede aanbied.

Solidariteit se aanbod vir voortgesette leer bied ook aan jong mense opleidingsgeleenthede wat spesifieke voordele vir hul beroep en loopbaan inhou. Daar is nagenoeg 150 kursusse beskikbaar om jou te help om jou vaardighede en kennis op te skerp en jou CV te versterk.

Solidariteit se Studente-aanbod het ten doel om jou te bemagtig deur te verseker dat jy jou loopbaandoelwitte verwesenlik en vir jouself ʼn toekoms kan bou. Dit bied hulpmiddels om die oorgang van skool na tersiêre studie en uiteindelik na ʼn suksesvolle loopbaan so maklik as moontlik te maak. Lees hier meer.

Solidariteit ondersteun jou ook met loopbaanvoorbereiding en werkplasing. Solidariteit se beroepsnetwerke help jong mense om hul gekose beroep te volg en skouers met beroepskenners te skuur. Hierdie netwerke funksioneer ook as gemeenskappe wat daarop fokus om werk te beskerm en as waghond op te tree deur uitdagings in beroepe met werkbare oplossings aan te spreek.

Solidariteit is soveel meer as net ʼn gewone vakbond – dit het ontwikkel tot ʼn netwerk van werk wat die volle loopbaanpad saam met sy lede stap.

Klik hier om vandag nog by Solidariteit aan te sluit en ʼn suksesvolle loopbaan vir jouself te verseker!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel