loading
Artikels
3 dae gelede
strategiese-posisionering-van-solidariteit-se-bedryfsraad-vir-mynbou-landbou-en-sement

Foto Krediet: Verskaf

Strategiese posisionering van Solidariteit se bedryfsraad vir mynbou, landbou en sement

Deur Adéle Rossouw, Solidariteit-netwerkorganiseerder

Op 11 Junie het verteenwoordigers van Solidariteit se bedryfsraad vir mynbou, landbou en sement vergader.

Tydens die vergadering is daar hulde gebring aan Steve Scott, afgetrede president van Solidariteit en voorsitter van die bedryfsraad.

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit het die leierskap toegespreek en waardevolle inligting rondom die voorgestelde wysigings aan die Wet op Arbeidsverhoudinge gedeel. 

Die bedryfsraad het die VSA, en die impak wat die gespanne verhouding met die Suid-Afrikaanse regering op die mynbou-, landbou- en sementbedryf het, bespreek. Die bedryfsraad ondersteun Solidariteit se aksies, om die wêreld se aandag op die volgende brandpunte te vestig:

  1. 1. Rassewette (IAO- en Bela-ooreenkomste): Dit is belangrik dat rassewette ʼn “sunset clause” moet hê.
  2. 2. Plaasmoorde: Plaasmoorde moet tot ʼn prioriteitmisdaad verklaar word.
  3. 3. Grondonteiening: Daar moet regulasies rondom R0 vergoeding in plek gestel word.
  4. 4. Kulturele outonomie: Die beskerming van Afrikaans as ʼn taal en ʼn kultuur.

Tydens die bedryfsraadvergadering is daar ook ʼn verkiesing gehou en die volgende leierskapstrukture is verkies:

  • • Voorsitter van die Bedryfsraad: Henk Kruger
  • • Ondervoorsitter van die Bedryfsraad: Wally Kramer
  • • Sekretariaat-voorsitter van die Bedryfsraad: Carel Laufs

Joe Bruwer en Gavin van Deventer is ook tot die Nasionale Raad verkies.

Die bedryfsraad is geposisioneer om ʼn strategiese impak te maak om sodoende te verseker dat alle lede vry, veilig en voorspoedig kan werk.

In die woorde van Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging: “Ons is net so groot soos die gevegte wat ons veg.” Dit het elke leier geïnspireer om met trots en waagmoed nuwe gevegte aan te pak.


Sluit vandag nog by Solidariteit se aanlyn mynbousektorgroep aan en bly op hoogte van die jongste nuus in jou beroep!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel