
Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
‘n Einddatum vir rasstellende aksie. Die tyd is nóú.
Deur Heléne Leonard
Solidariteit stry al vir ʼn geruime tyd teen die Suid-Afrikaanse regering se rasmalheid en onbillike rassewette en praktyke soos regstellende aksie en rasplanne. Solidariteit het die regering die stryd in die howe in Suid-Afrika aangesê voordat hy dit ook op die wêreldverhoog by die VN se Komitee vir die Uitskakeling van Rassediskriminasie (CERD) gaan voer het.
Op 27 en 28 November gaan Solidariteit weer voor CERD verskyn om repliek te lewer op die regering se verslag oor sy voldoening aan die Internasionale Konvensie oor die Uitskakeling van alle vorme van rassediskriminasie. Lees meer hier daaroor. Die repliek neem die vorm van ‘n skaduverslag wat aan CERD voorgelê gaan word. Solidariteit gaan repliek lewer op die regering se verslag oor sy voldoening aan die Internasionale Konvensie oor die Uitskakeling van Alle Vorme van Rassediskriminasie (ICERD) . Die repliek neem die vorm aan van ʼn skaduverslag wat aan CERD voorgelê gaan word. Hier is ʼn opsomming van die skaduverslag.
ʼn Nasionale opname van die Instituut vir Rasseverhouding wat in 2015 gedoen is, dien as bevestiging van Solidariteit se siening oor regstellende aksie en sy teenkanting teen huidige praktyke.
Van die bevindings van die nasionale opname volg hieronder:
1. Mense sien werk en onderwys as die sleutel tot vooruitgang, eerder as regstellende aksie: Die meerderheid respondente (78,3%) beskou”’meer werk en beter onderwys” as die belangrikste manier om lewens te verbeter. Interessant genoeg, deel dieselfde persentasie swart en wit Suid-Afrikaners hierdie siening.
2. Regstellende aksie word slegs deur ʼn minderheid ondersteun: Slegs 4,6% van die respondente glo dat “meer SEB en regstellende aksie in indiensnemingsbeleid” die beste manier is om lewens te verbeter.
3. Regstellende aksie het slegs beperkte positiewe : Onder swart Suid-Afrikaners het slegs 16,6% persoonlik by regstellende aksie gebaat.
Dit blyk duidelik uit hierdie statistieke dat die meerderheid Suid-Afrikaners ʼn ander benadering tot rasseverhoudings en ekonomiese verbetering ondersteun en dit is wat Solidariteit onder die wêreld se aandag wil bring.
Dit bring ons by Solidariteit se skaduverslag en kritiek op die regering se beleid en optrede:
In sy verslag beweer die Suid-Afrikaanse regering dat hy verbind is tot die ontwikkeling van ʼn nierasgebaseerde samelewing. Solidariteit se standpunt is dat die Suid-Afrikaanse regering se beleid openlik rasgebaseer is om ʼn samelewing te skep wat demografies verteenwoordigend is.
Die beleid stel “billike verteenwoordiging in alle beroepsvlakke in die arbeidsmag” voor as ‘n maatstaf om ongelykhede in indiensneming uit te wis. Hierdie beleid struktureer die samelewing volgens ras en geslag, wat verwoestende gevolge kan hê.
Solidariteit voer aan dat die hele regulatoriese raamwerk in Suid-Afrika ‘n vorm van geïnstitusionaliseerde rassisme bevat. Beleide en statute wat die verspreiding van samelewingsvoordele reguleer, bevoordeel duidelik swart mense.
Solidariteit wys die komitee daarop dat Suid-Afrika nie sy verpligtinge ingevolge internasionale konvensies nakom nie. Volgens internasionale konvensies moet regstellende maatreëls eindigend wees en daarom eis Solidariteit nou ʼn einddatum vir regstellende aksie en dat alleenlik behoefte as maatstaf vir aanstellings geld.
Ons voer aan dat enige restitusionele maatreëls moet funksioneer op ’n wyse wat nie tot die skep van nuwe patrone van benadeling lei nie, wat sou indruis teen ons internasionale verpligtinge soos uiteengesit in ICERD en teen die grondwetlike doelwit van gelykheid. Dit vereis ’n situasie en ’n behoeftesensitiewe benadering by die formulering en toepassing van remediërende maatreëls
Solidariteit is van mening dat enige maatreëls wat op regstelling gemik is op so ʼn manier geïmplementeer moet word dat dit nie tot die skep van nuwe patrone van benadeling lei wat teen ons internasionale verpligtinge en die grondwetlike doelwit van gelykheid indruis nie.
Solidariteit glo hy kan nou met die hulp van, en namens die gemeenskap, ‘n groot internasionale deurbraak met die hulp van, en namens die gemeenskap, bewerkstelling. Sodoende kan ons begin om, uiteindelik, ʼn einde te maak aan rassewetgewing in Suid-Afrika.