loading
avatar
Artikels
1 maand gelede
student-wil-jy-werk-soek-of-wil-jy-sukkel

Foto Krediet: OkayDeer

Student: wil jy werk soek of wil jy sukkel?

Na ʼn paar sorgvrye jare op universiteit kom jong mense vinnig agter, werksoek is nie vir sissies nie. Dit voel skielik asof jou graad of kwalifikasie net ʼn duur stuk papier is wat min beteken. Dis rof daarbuite. Hoekom het geen prof. vir jou gesê hoe jy te werk moet gaan om, wel, ʼn werk te kry nie?!

Ja-nee – vra dit! Ten minste is werksoek ʼn vaardigheid. En soos enige vaardigheid, kan jy dit aanleer.

Jou nuwe lesingsaal is die Studentelewegroep op Solidariteit. Jou professors is Ruan en Lisa. En jou kursus se naam is Werksoekwenke saam met Ruan en Lisa.

Hieronder kry jy toegang tot ʼn reeks video’s wat jou stap vir stap sal leer hoe om werk te soek.

Werksoekwenke

  1. Inleiding
  2. Waar kan jy vir werk aansoek doen?
  3. Hoe om ʼn posadvertensie te lees
  4. Hoe ʼn e-posaansoek lyk
  5. Hoe om op ʼn webblad aansoek te doen vir ʼn werk
  6. Hoe vra ek ʼn maatskappy of daar poste beskikbaar is?
  7. Hoe weet ek of ‘n werk reg is om voor aansoek te doen
  8. Foto’s op jou CV
  9. Slaag jou sosialemediaprofiele die toets?
  10. Slaag jou sosialemediaprofiele die toets?
  11. Ervaring op jou CV
  12. Leer meer oor die maatskappy
  13. Voorbereiding oor die pos self
  14. Hoe moet jy aantrek?
  15. Hoe beantwoord ek algemene onderhoudvrae?
  16. Watter vrae kan jy vra?
  17. Vrae wat jy nié moet vra nie
  18. LinkedIn-inleiding
  19. Voltooi jou LinkedIn-profiel
  20. Nuwe konneksies op LinkedIn
  21. Hoe om ʼn boodskap te stuur vir ʼn nuwe LinkedIn-konneksie
  22. Groepe op LinkedIn
  23. Trefwoorde op LinkedIn
  24. Plasings vir sigbaarheid

Leer vandag nog deur middel van hierdie kort, maklik verteerbare video’s hoe die werksoekproses werk. Die soektog na jou eerste werk begin nie eers ná jou studies nie – dit begin nou al met die regte voorbereiding.

Sluit vandag by die Studentelewegroep aan en kry toegang tot al die kennis en hulpmiddels wat jy nodig het om werk te kry.

Kies nou reeds reg – dit is nie nodig om te sukkel nie!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel