
Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
Studentelewegroep = slim, suksesvolle en selfversekerde studente
Deur Kyla-Ann du Toit
Solidariteit se Studentelewegroep is die eerste trap op jou loopbaanleer! As student dink jy natuurlik aan eksamens, koshuislewe en laataande van studeer. Maar het jy al ooit daaraan gedink dat dít ook die begin van jou loopbaanreis is?
Dit is waar Solidariteit se Studentelewegroep inkom – jou GRATIS toegang tot praktiese, bruikbare hulpbronne wat jou voorberei vir die werklikheid van die lewe ná universiteit. Of jy nog ʼn eerstejaarstudent is of reeds besig is om jou laaste eksamens te skryf, die Studentelewegroep gee jou ʼn voorsprong bo ander studente.
Die Studentelewegroep is meer as net ʼn geselsgroep – dit is ʼn kombinasie van Google en jou beste vriend, wat jou help om die eerste tree in jou loopbaan te neem. Hier is hoekom die Studentelewegroep so waardevol is:
• Jy kry toegang tot slim loopbaanhulpbronne wat jou reguit na sukses lei.
Van ʼn volledige CV- en onderhoudgids tot praktiese vrae wat jy tydens ʼn onderhoud kan vra – hierdie hulpmiddels gee jou die selfvertroue om professioneel voor te berei, lank voor jou eerste werksonderhoud.
• Jy leer hoe en waar om werk te soek én hoe om daarvoor aansoek te doen.
Danksy video’s oor hoe netwerkvorming regtig werk, hoe om LinkedIn strategies te gebruik en wat jy moet weet oor werksoek in ʼn digitale wêreld, is jy nie net ingelig nie – jy is voorbereid!
• Jy begin jou geld slim bestuur – selfs nog voor jy jou eerste salaris verdien.
Met ʼn begrotingstemplaat, wenke oor hoe om jou finansies te bestuur en selfs ʼn belastinggids, help hierdie groep jou om finansies van vroeg af te bemeester – iets wat jy nie op skool geleer het nie. Dit is ʼn mini-lewensles in een klik.
• Jy kry hulp om meer doeltreffend te leer en eksamens baas te raak.
Of jy nou sukkel om te konsentreer of net op soek is na beter leerstrategieë – die wenke, tegnieke en artikels in die groep wys jou hoe om slimmer (nie net harder nie) te leer, sodat jy selfvertroue kan bou en jou punte verbeter.
• Jy kan dadelik begin – dit is gratis en altyd beskikbaar.
Dit is maklik om by die Studentelewegroep aan te sluit en toegang tot al hierdie hulpbronne te kry. Jy hoef nie alles alleen aan te pak nie – Solidariteit stap elke tree van die pad saam met jou.
Hier is die volledige lys van hulpbronne wat op die Studentelewegroep beskikbaar is:
- 1. ʼn CV- en onderhoudgids
- 2. ʼn Lys van algemene onderhoudvrae en -wenke
- 3. ʼn Lys van vrae wat jy in ʼn onderhoud kan vra
- 4. Video’s wat netwerkvorming verduidelik en hoe dit werk
- 5. Video’s oor hoe om LinkedIn (korrek) te gebruik
- 6. Video’s oor hoe om werk te soek
- 7. Video’s met wenke om ʼn wen-CV te skep
- 8. Video’s oor onderhoudvoorbereiding
- 9. ʼn Begrotingstemplaat
- 10. ʼn Belastinggids en praktiese wenke
- 11. Begrotingswenke
- 12. Leertegnieke en eksamen-/leerwenke
- 13. Posadvertensies
- 14. Artikels oor werksoek en loopbaanontwikkeling – alles om jóú sukses te verseker!
Wees slim, suksesvol en selfversekerd – pak jou studentelewe saam met Solidariteit aan! Klik hier en skep vandag nog jou gratis profiel om by die Studentelewegroep aan te sluit.